Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Stoffberg-duikweg oorstroom weer ná swak herstelwerk

Die Stoffberg-duikweg in Brakpan het op 4 September weer oorstroom, skaars twee maande ná die heropening van die roete met herstelwerk wat as ’n permanente oplossing voorgehou is. Dit wys dat die stormwaterstelsel ontoereikend is en dat dit sinneloos is om elke keer bloot die padoppervlak te herstel. Munisipale amptenare het reeds in April ’n […]

VF Plus neem Amazon se 100%-swart eienaarskapvereiste op met Amerikaanse owerhede

Die VF Plus gaan Amazon Web Services (AWS) se vereiste dat ondernemings wat aan sy Suid-Afrikaanse Equity Equivalent Investment Programme (EEIP) wil deelneem, 100% in swart besit moet wees, onder die aandag van die Amerikaanse owerhede bring. AWS het self bevestig dat volle swart eienaarskap ’n minimum toelatingsvereiste vir die program is. Dit beteken dat […]

Sterk span VF Plus-burgemeesterskandidate om Gauteng-munisipaliteite op herstelpad te plaas

Die VF Plus het vandag sy burgemeesterskandidate vir Gauteng se drie metrorade, ses plaaslike munisipaliteite en twee distriksmunisipaliteite bekend gestel – ’n span wat gereed is om verantwoordelikheid te neem en plaaslike regering weer te laat werk. Gauteng se inwoners het genoeg gehad van vervalle infrastruktuur, water- en kragonderbrekings, rioolstortings, slaggate, swak finansiële bestuur en […]

Verhoog sigbaarheid en patrollies by Tuinroetedam in George

Die VF Plus doen ’n dringende beroep op die polisie en George se munisipale wetstoepassingsdienste om sigbaarheid en patrollies by die Tuinroetedam onmiddellik te verhoog. Die dam is ’n gewilde ontspanningsgebied waar inwoners en besoekers stap, draf en fietsry. Die jongste voorval, waarin ’n 22-jarige vrou van agter genader en om die nek gegryp is […]

Groenkloof en Unisa-gebied ly onder toenemende kabeldiefstal

Toenemende kabeldiefstal in die Groenkloof- en Unisa-gebied van die Tshwane-metro kan nie langer geduld word nie. Aangesien dit ‘n algemene probleem in Tshwane is moet die metro verantwoordelikheid neem om kritieke infrastruktuur te beskerm, wat tans nie gebeur nie. Ondernemings en huishoudings wat gereeld sonder krag is, moet ekstra koste aangaan om kragopwekkers aan te […]

NSFAS-krisis werp onsimpatieke lig op Pandor-opmerkings oor Akademia

Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) is weereens in die nuus om al die verkeerde redes. Dit gaan oor beweerde ongemagtigde vergoeding van konsultante, probleme met die uitbetaling van verblyfgelde en algemene swak administrasie, wat vandeesweek in die portefeuljekomitee vir hoër onderwys ter sprake gekom het. Dit werp ‘n skel lig op die opmerkings van […]

VF Plus vra duidelikheid oor Tshwane se hantering van infrastruktuurskade

Die VF Plus doen ’n beroep op die Tshwane-metro om duidelikheid te gee oor hoe skade aan munisipale infrastruktuur hanteer word – hetsy deur misdaad, ongelukke of konstruksiewerk. Tans word daar nie in alle gevalle van opsetlike beskadiging, soos kabeldiefstal, strafregtelike klagtes by die polisie ingedien nie. Dit beteken dat sulke misdade dikwels nie ondersoek […]

Govan Mbeki-inwoners steeds sonder water

Dit is onaanvaarbaar dat baie gemeenskappe in die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit al langer as tien dae sonder water is ná Rand Water se beplande instandhoudingswerk wat juis bedoel was om die langtermynbetroubaarheid van die streek se watervoorsiening te verbeter. Hierdie situasie plaas ’n skerp fokus op die munisipaliteit se verouderde infrastruktuur, gebrekkige noodbeplanning en swak […]

Wettige wapens nie die probleem, wys data van polisie

Parlementêre antwoorde op vrae van die VF Plus oor moorde wat die afgelope vier jaar gepleeg is met wettig gelisensieerde vuurwapens teenoor onwettige wapens, bied ‘n onweerlegbare argument in die debat oor die ontwapening van die burgery. Statistiek wat verskaf is deur die waarnemende minister van polisie, prof. Firoz Cachalia, wys duidelik dat Suid-Afrika se […]

VF Plus nie ten gunste van die verkoop van die Goeie Hoop-sentrum in Kaapstad

Die VF Plus is bekommerd oor die verwarring en gebrek aan duidelikheid rondom die voorgestelde verkoop van die Goeie Hoop-sentrum, ‘n historiese en ikoniese baken in Kaapstad en verskillende boodskappe wat deurentyd in die media verskyn. Die party is van mening dat die Stad Kaapstad nie die Goeie Hoop-sentrum behoort te verkoop nie, maar eerder […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.