Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Beitbrug-grensdraadskandaal: VF Plus verwelkom Grondwethof-uitspraak

Die VF Plus verwelkom die Grondwethof se beslissing om te weier om appèlle van twee konstruksiemaatskappye aan te hoor teen ‘n uitspraak van die spesiale tribunaal rakende die Beitbrug-grensdraadskandaal. Die tribunaal het in sy uitspraak bevind dat alle winste wat uit die aangeleentheid gemaak is, terugbetaal moet word. Die Grondwethof het beslis dat die meriete […]

Erken Mimi Coertse se uitsonderlike prestasies, vra VF Plus in parlementêre mosie

Mimi Coertse, Suid-Afrika se mees gevierde operasangeres, was ’n internasionale ster en die VF Plus het vandag in ’n parlementêre mosie gevra dat haar lewe en uitsonderlike prestasies vereer word en die nodige erkenning kry. Coertse, wat op 27 April vanjaar op die ouderdom van 93 oorlede is, se bydrae tot die uitvoerende kunste wêreldwyd […]

Emfuleni-ontkenning dat rioolkrisis waterbronne besoedel is oneerlik

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is oneerlik deur aan te voer dat bewerings van rou rioolstorting in die Vaalrivierstelsel onwaar is en dat die munisipaliteit op omgewingswette ag slaan. Die munisipale bestuurder, April Ntuli, het vandag weer vlugtig in die hof op Vereeniging verskyn op sewe aanklagte van waterbesoedeling en oortredings […]

Bek-en-klouseer: Aksie is nodig; minister gaan dit nie reg praat nie

Die VF Plus is versigtig optimisties daaroor dat die minister van landbou, mnr. John Steenhuisen, môre ‘n samehangende Artikel 10-plan vir inenting teen bek-en-klouseer sal bekendmaak, soos die hof hom gelas het om te doen. Dit is in werklikheid reeds ondenkbaar dat dit hierdie roete moes neem. Private veeartse in Suid-Afrika het ‘n magdom van […]

Plaaslike regeringsverkiesing op 4 November bied ’n nuwe dagbreek van hoop

Die datum vir die komende plaaslike regeringsverkiesing is vandag bekend gemaak. Suid-Afrikaners kan nou hul oë rig op 4 November 2026 om uitkoms te bring uit die moeras van verval waarin die ANC plaaslike regerings reg oor die land gedompel het.4 November is ’n Woensdag, oor bykans ses maande. Benewens om op dié dag te […]

VF Plus verwelkom voorlopige skorsing van Masemola

Die VF Plus verwelkom die voorlopige skorsing van die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, hangende die strafregtelike saak teen hom. Getuienis voor die Madlanga-kommissie en verhore voor die betrokke parlementêre ad hoc-komitee oor georganiseerde misdaad en polisiebetrokkenheid, het pres. Cyril Ramaphosa geen keuse gelaat as om die stap te neem nie. Sedert die aftrede van […]

Malema-vonnis bevestig dat niemand bo die reg verhewe is nie

Die VF Plus verwelkom die vonnis wat vandag opgelê is aan Julius Malema, leier van die EFF, vir die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar in 2018. Dit bevestig dat die oppergesag van die reg steeds geld en dat niemand bo die reg verhewe is nie. Artikel 47(1)(e) van die Grondwet van Suid-Afrika bepaal […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.