ANC se minagting vir Amerika se voorwaardes vir normalisering van verhoudinge begin ná ‘n jaar ernstige gevolge toon

Die uurglas begin leegloop vir Suid-Afrika wat die vyf Amerikaanse voorwaardes vir die normalisering van verhoudinge tussen die lande ‘n jaar lank met minagting geïgnoreer het. Dié voorwaardes is presies ‘n jaar gelede met die VF Plus se historiese besoek aan Washington en die Withuis aan die party oorhandig om aan die Suid-Afrikaanse regering oor […]
Nuwe landbouminister: VF Plus hou dop vir resultate

Nuus dat die voormalige DA-leier, mnr. John Steenhuisen, eersdaags as minister van landbou vervang word, kon min mense verbaas het. Die VF Plus wens daarmee ook sy opvolger, mnr. Willie Aucamp, sterkte toe. Steenhuisen se onsuksesvolle poging om bek-en-klouseer die hoof te bied, is rampspoedig afgerond met onsensitiewe kommunikasie vanuit sy eie binnekring. Die situasie […]
Minister verwys VF Plus stemmanipulasie-klagte na Gauteng

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Velenkosini Hlabisa, het skriftelik bevestig dat hy kennis neem van die VF Plus se klag oor ernstige stemmanipulering tydens die Emfuleni-munisipaliteit se aansuiweringsbegroting in Maart vanjaar. Hy het die saak verwys na die Gautengse LUR vir Cogta, Jacob Mamabolo, vir verdere handeling. Die VF Plus het […]
Grondwet beskerm wel teen vergrype

(Parlementsdebat: 30ste herdenking van die Grondwet) Suid-Afrika se Grondwet bied wel beskerming teen vergrype. Die feit dat daar soveel pogings is om dit aan te pas om byvoorbeeld onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, dien as bewys hiervan. Die Grondwet is nie in klip gekap nie. Dit is ‘n lewende dokument en indien dit ten […]
President moet oop kaarte speel oor Phala Phala sodat die regering van Suid-Afrika in almal se belang prioriteit kan geniet

(Begrotingsposdebat: Presidensie) President Cyril Ramaphosa moet die Phala Phala-aangeleentheid vinnig en eerlik hanteer en afhandel sodat daar aan beweeg kan word na dít wat in alle landsburgers se belang prioriteit moet geniet: Die behoorlike regering van Suid-Afrika. Wanneer dit gebeur, moet veral Suid-Afrika se beleid oor buitelandse betrekkinge dringend aandag geniet. Die maatreëls en riglyne […]
Onbeheerde en ongeregistreerde vee ondermyn bekamping van BKS in Gauteng

(Debat in Gauteng-wetgewer oor bek-en-klouseer) Die voortgesette verspreiding van bek-en-klouseer (BKS) in Gauteng en die onbeheerde en ongeregistreerde vee in die provinsie, hou ʼn ernstige risiko in vir die provinsie se landboubedryf. Alhoewel die departement van landbou die uitrol van entstowwe en ander beheermaatreëls beklemtoon, bly die grootste uitdaging die onvermoë om die beweging en […]
VF Plus spaar Mangaung-ondernemings duisende in stortingsterrein-stryd

Die VF Plus het ’n groot oorwinning vir Mangaung se sakegemeenskap en inwoners behaal deur buitensporige stortingsterrein-heffings af te weer wat ondernemings duisende rande sou kos. Die metro se oorspronklike 2026/27-begroting het voorsien dat sekere ondernemings tussen R130 000 en R330 000 per maand aan stortingstariewe sou betaal – ’n onvolhoubare las vir kleinsake-eienaars. Kontrakteurs […]
BKS-hofuitspraak: Oorwinning nie net vir veeboere, maar vir hele burgerlike samelewing

Gister se hofuitspraak oor private betrokkenheid by inenting teen bek-en-klouseer (BKS) is ooglopend ‘n groot oorwinning vir veeboere. Saam met private veeartse is hulle lankal gereed om hierdie siekte te help bestry. Hul pogings is egter deur ‘n staat gekortwiek wat beheer oor die proses in sy onbevoegde hande wou hou. Die vereistes wat die […]
VF Plus neem leiding met petisie teen kabeldiefstal in Groenkloof

Die VF Plus het gister met gemeenskapsleiers in Groenkloof vergader en hulle bygestaan met die opstel van ’n dringende petisie aan die Tshwane-metro. Dit volg ná herhaalde kragonderbrekings in die gebied weens kabeldiefstal die afgelope twee weke. Die petisie fokus op die gebied langs die Unisa-heining naby die Fonteinesirkel, waar kabels herhaaldelik gesteel word. Die […]
Die ANC het sy tyd as regering misbruik; dis Nou Ons Tyd!

Die ANC het sy tyd gehad om Suid-Afrika te regeer. Dit is misbruik. Ná meer as drie dekades van ANC-regering is die land bykans vernietig. Onbevoegdheid en korrupsie het staatsinstellings uitgehol en munisipaliteite laat verval. Die tyd het aangebreek vir almal van ons wat opreg glo in die pragtige land van geleenthede om saam te […]