Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-waterkrisis: Riool in die kraan is nie ’n tegniese fout nie

Wanneer ’n gebarste rioolpyp die drinkwater van duisende Tshwane-inwoners kan besmet, is dit nie net ’n tegniese fout nie – dit is ’n duidelike teken van nalatigheid en swak instandhouding. Die Tshwane-metro het inwoners in die Pretoria-middestad en omliggende gebiede gewaarsku om kraanwater eers deeglik te kook nadat ’n gebarste rioolpyp die watervoorsieningstelsel by die […]

MTBR: Ekonomiese en fiskale werklikhede kry aandag en erken ANC-mislukking met dienslewering

Die mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) van die minister van finansies, Enoch Godongwana, gee aandag aan die land se ekonomiese werklikhede wat drasties verander het sedert die begroting in Februarie ter tafel gelê is, hoofsaaklik weens die internasionale olieprysskok. Hierdie werklikheid sluit in baie laer as verwagte ekonomiese groei, hoër as verwagte inflasie en gebrekkige dienslewering. Lewensonkoste het […]

ActionSA/ANC/EFF-koalisie laat kritieke infrastruktuur in Tshwane weerloos

Die huidige ActionSA/ANC/EFF-koalisie in die Tshwane-metroraad laat kritieke munisipale infrastruktuur en sleutelpunte net twee weke voor die verkiesing sonder enige sekuriteit. Die VF Plus kan tot geen ander gevolgtrekking kom as dat sekuriteitskontrakte doelbewus, of deur growwe nalatigheid, toegelaat is om te verval sodat die weg berei kan word vir totale anargie wanneer die huidige […]

Voorgestelde regulasies oor identifikasie van diere: Minister moet onsekerhede opklaar

Die voorgestelde regulasies vir die identifikasie van diere skep tans onrus in die landbougemeenskap. Dit lyk of dit onhaalbare vereistes aan eienaars van diere, van bye en konyne tot beeste, stel. Die kernvraag wat beantwoord moet word, is egter watter diere ter sprake is. Die konsepregulasies wat vir kommentaar gepubliseer is, is kragtens die Diereverbeteringswet […]

VF Plus verskil met hoogste hof oor ANC-lyste

Die konstitusionele hof se uitspraak om 181 kandidate van die ANC toe te laat om wel aan die plaaslike regeringsverkiesing deel te neem nadat die kieshof aanvanklik daarteen beslis het, is vreemd en problematies. Die VF Plus wil dit nogtans duidelik stel dat sy meningsverskil en kritiek op ‘n uitspraak van die hoogste hof in […]

VF Plus sal nie gemuilband word deur ANC se ernstige en onwettige dreigemente nie

Die VF Plus verwerp die dreigemente van die regering en minister Ronald Lamola om politieke teenstanders en burgerregtegroepe te muilband deur hul burgerskap te ontneem weens die sogenaamde verkondiging van “vals inligting”, met minagting. Die verdere voorstel om opposisiestemme te vervolg weens “hoogverraad” bloot omdat hulle die waarheid oor Suid-Afrika op internasionale forums verkondig, is […]

VF Plus verwelkom hofuitspraak wat minister se SEB-kode vir regssektor tersyde stel

Die hooggeregshof in Pretoria se beslissing om die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, se besluit om die Regssektorkode van Goeie Praktyk (Legal Sector Code of Good Practice) te promulgeer, tersyde te stel, stuur ’n belangrike boodskap oor die uitoefening van ministeriële mag. Die VF Plus verwelkom die beginsel wat uit die uitspraak […]

VF Plus nooi kundiges om op adviespaneel vir Tshwane-kragkrisis te dien

Die VF Plus het ’n inisiatief van stapel gestuur om ervare, afgetrede en dienende kundige tegnici en ingenieurs bymekaar te bring om hul kundigheid aan te bied vir ’n tegniese adviespaneel om die kragkrisis in die Tshwane-metro die hoof te bied. Hierdie paneel sal die nuwe regering wat ná 4 November die bewind in Tshwane […]

Waltloo-brand en lasvermindering bevestig Tshwane se netwerkkrisis

Die brand by die Waltloo-substasie, die skade aan die Njala-invoerstasie en die Tshwane-metro se besluit om lasvermindering toe te pas, is nie ’n toevallige tegniese voorval nie. Dit is die voorspelbare gevolg van jare se verwaarlosing, ’n tekort aan vakmanne en ’n bestuur wat waarskuwings ignoreer totdat die ligte uitgaan. Njala is ’n kernpunt vir […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.