Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-waterkrisis: Riool in die kraan is nie ’n tegniese fout nie

Wanneer ’n gebarste rioolpyp die drinkwater van duisende Tshwane-inwoners kan besmet, is dit nie net ’n tegniese fout nie – dit is ’n duidelike teken van nalatigheid en swak instandhouding.

Die Tshwane-metro het inwoners in die Pretoria-middestad en omliggende gebiede gewaarsku om kraanwater eers deeglik te kook nadat ’n gebarste rioolpyp die watervoorsieningstelsel by die Findlay-reservoir besmet het.

Die besmetting is op 21 Oktober 2026 bevestig. Geraakte gebiede sluit in; Arcadia, Sunnyside, Pretoria-sentraal, Marabastad, die Asiese basaar, Belle Ombre en Trevenna.

Die metro het die Findlay-reservoir sedertdien leeggemaak en oorgeskakel na ’n alternatiewe bron, maar die voorval self wek ernstige vrae:

Hoe is dit moontlik dat riool in die drinkwaterstelsel kon beland, en was daar voldoende monitering en instandhouding van kritieke infrastruktuur?

Die VF Plus het reeds by herhaling gewaarsku oor die risiko van waterbesoedeling in Tshwane. Hierdie voorval bevestig dat die waarskuwings geïgnoreer is.

Die party eis daarom:
• ’n Dringende en deeglike ondersoek na die oorsaak van die gebarste rioolpyp en die besmetting;
• duidelikheid oor of voldoende voorsorgmaatreëls en moniteringstelsels in plek was;
• gereelde, onafhanklike watergehaltetoetse met openbare bekendmaking van die resultate;
• betroubare voorsiening van veilige drinkwater aan alle geraakte gemeenskappe; en
• aanspreeklikheid van die amptenare en politieke leiers wat vir water- en sanitasiedienste verantwoordelik is.

Die gesondheid van inwoners mag nooit op die spel geplaas word weens nalatigheid of swak bestuur nie. Die Tshwane-metro moet nou deursigtig optree en verseker dat so iets nie weer gebeur nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.