Is die klere in jou kas opgewas, deurgestryk of vaal gedra? En is jou gemaklike vellies nou al kaf gedraf? Smag jy en jou klerekas na iets mooi en nuut?
Dan het ons goeie nuus: Die VF Plus het ʼn reeks pragtige klere ontwerp wat nie hoef terug te staan vir die beste in jou klerekas nie en wat veral die mededingers jaloers sal maak. Groen van die jaloesie natuurlik!
Om dit te bestel is so maklik as om aan te sluit by die party en jy sal nooit oor een van die twee besluite spyt wees nie. Om aanlyn te bestel, volg bloot die volgende stappe:
STAP 1:
Kies jou gunsteling item in die versameling.
STAP 2:
Kies die grootte en kleur van jou keuse (indien van toepassing).
STAP 3:
Voeg hierdie item(s) in die VF Plus-mandjie.
(Indien jy iemand met ʼn geskenk uit ons reeks wil verras, herhaal bloot stap 1 tot 3.)
STAP 4:
Sodra jy tevrede is met die inhoud in jou mandjie, is dit tyd om te laat waai na die kassier! Vul die nodige inligting in sodat jou VF Plus-pakkie so gou as moontlik by jou afgelewer kan word.
*Ons stel voor jy stoor jou inligting, want jy gaan gewis nog baie inkopies by die VF Plus wil doen.
STAP 5:
Betaling geskied deur Payfast en die stappe is ewe maklik om te volg.
STAP 6:
Nadat jy die nodige inligting voltooi het, klik op: “Gaan voort na betaling”.
STAP 7:
Sodra jou betaling suksesvol is, sal die kassier dit met jou kommunikeer.
Jou pakkie is nou bykans op pad om afgelewer te word.
Alle items word spesiaal verpak en saam met die FastWay-posman gestuur. Aflewering neem gewoonlik sewe tot tien werksdae. Neem asseblief kennis daarvan dat van die items op bestelling gemaak word. Indien dit weens werksdruk langer as tien dae mag duur, sal jy in kennis gestel word deur ʼn e-pos of oproep van die kassier.
Jy kan jou verwysingsnommer, wat per e-pos gestuur word, gebruik om die koerier se vordering met die aflewering te volg.
Sou jy om een of ander rede ʼn kledingstuk wil omruil, stuur gerus vir ons ʼn e-pos na klere@vfplus.org.za. Ons sal toesien dat die posman jou weer besoek om die item aan ons terug te besorg. Sodra ons die item ontvang het, en dit is nie beskadig of gedra nie, sal ons vir jou ʼn koepon stuur vir die waarde van jou item. Jy sal ongelukkig self verantwoordelik wees vir hierdie versendingskoste.
Indien jy ʼn terugbetaling verlang, sal die versendingskoste van jou terugbetaling verhaal word.
Ons weet jy sal goed lyk en voel in ons stylvolle en kwaliteit reeks klere. Moet dus nie wag nie en stuur jou bestelling sommer nou!
BELEID OOR OMRUILING OF TERUGBETALING:
U het 30 kalenderdae om produkte terug te stuur om in aanmerking te kom vir omruiling of terugbetaling.
Om in aanmerking te kom vir ʼn terugbetaling, moet die item ongebruik wees en in dieselfde toestand as waarin jy dit ontvang het. Dit moet ook in die oorspronklike verpakking wees.
ALGEMENE BELEID OOR VERSENDINGS VIA KOERIERDIENSTE:
Bederfbare goedere soos kos, blomme, koerante of tydskrifte, kan nie teruggestuur word nie. Produkte wat intieme of sanitêre goedere, gevaarlike materiale of ontvlambare vloeistowwe of gasse insluit, kan nie gestuur word nie.
Ander items wat nie teruggestuur kan word nie:
Geskenkbewyse
Aflaaibare sagteware-produkte
Sommige gesondheids- en persoonlike sorg-items
Om jou omruiling te voltooi, vereis ons ʼn kwitansie of aankoopbewys.
Moet asseblief nie jou aankope direk aan die vervaardiger terugstuur nie.
In sekere gevalle kan net gedeeltelike terugbetalings toegestaan word (waar van toepassing) vir:
klere wat duidelike tekens toon van gebruik;
enige item wat nie in die oorspronklike toestand is nie, wat beskadig is of waarvan dele weg is, wat nie ons fout is nie; en/of
enige item wat teruggestuur word ná 30 dae na aflewering.
Terugbetalings (indien van toepassing):
Wanneer jou teruggestuurde item ontvang en nagegaan is, sal ons vir jou ʼn e-pos stuur om jou te laat weet ons het die teruggestuurde item ontvang. Ons sal jou ook laat weet of jou terugbetaling goedgekeur of afgewys is.
Indien jou terugbetaling goedgekeur word, sal die terugbetaling geprosesseer word en ʼn krediet sal outomaties op jou kredietkaart of oorspronklike betalingsmetode gedoen word, binne ʼn sekere aantal dae.
Koerierkoste word dadelik aan ʼn derdeparty-maatskappy oorbetaal tydens versending. Koerierkoste word dus afgetrek van die terugbetaling.
Laat of vermiste terugbetalings: (indien van toepassing)
Indien jy nie ʼn terugbetaling ontvang het nie, gaan weer jou bankrekening na.
Tree dan in verbinding met jou kredietkaartmaatskappy omdat dit ʼn wyle kan duur voordat jou terugbetaling amptelik op jou staat verskyn.
Tree daarna in verbinding met jou bank, aangesien dit tyd kan neem om die terugbetaling te prosesseer voordat dit in jou rekening verskyn.
Indien jy al hierdie stappe gevolg het en jy het steeds nie jou terugbetaling ontvang nie, tree asseblief met ons in verbinding by klere@vfplus.org.za.
Uitverkopingsitems (indien van toepassing)
Jy kan slegs ʼn terugbetaling ontvang vir items wat teen gewone pryse aangekoop is en nie vir items wat op uitverkoping gekoop is nie. Produkte wat teen ʼn afgemerkte prys of winskoop gekoop word, kan nie omgeruil word vir ʼn ander grootte, produk of krediet nie.
*Dit kan wees dat sommige van die produkte wat teen ʼn afgemerkte prys aanlyn beskikbaar gestel is, monsters was of items is wat in ʼn fotosessie deur ʼn model aangetrek is.
Omruilings (indien van toepassing)
Ons ruil net items om wat foutief of beskadig is. Indien die produk beskadig of foutief is, sal VF Plus verantwoordelik wees vir die versendingskoste wanneer jy die produk aan ons terugstuur.
Geskenke
Indien die item gemerk is as ʼn geskenk toe dit gekoop en direk aan jou gestuur is, sal jy ʼn geskenkkrediet kry vir die waarde daarvan. Wanneer die teruggestuurde item ontvang word, sal ʼn geskenkbewys aan jou gepos word.
Indien die item nie as ʼn geskenk gemerk is toe dit gekoop is nie, of die geskenkgewer het die bestelling na sy eie adres laat stuur om dit later self vir jou te gee, sal ons die geskenkgewer terugbetaal en hy sal dus weet jy het die item teruggestuur.
Verskeping
Let asseblief daarop dat jy self verantwoordelik sal wees vir die verskepingskoste indien jy jou produkte wil terugstuur, sonder dat dit foutief of beskadig is. Jy sal verantwoordelik wees daarvoor om self die verskepingskoste vir die teruggestuurde item te betaal. Verskepingskoste is nie terugbetaalbaar nie. Indien jy ʼn terugbetaling ontvang, sal die koste van verskeping van jou terugbetaling afgetrek word.
Die afleweringstyd vir omruilings kan wissel, afhangende van waar jy woon.
Indien jy ʼn item stuur wat meer as R100,00 kos, moet jy dit oorweeg om ʼn versendingsdiens te gebruik wat jou in staat stel om die pakkie te volg of jy moet dit verseker. Ons waarborg nie dat ons jou teruggestuurde item sal ontvang nie.
Aankope deur derde partye
Enige VF Plus-produkte wat van agente of groothandelaars verkry word, sal nie gedek word deur die VF Plus se bepalings en voorwaardes nie. Dit sluit in, maar is nie beperk nie, tot enige defek, skade of grootte.
Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige derdeparty-verkope nie. Die VF Plus sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir verkoopte items buite die VF Plus se aanlyn platform nie.
Stuur gerus ʼn e-pos na klere@vfplus.org.za vir enige navrae rakende die VF Plus se beleid of bepalings en voorwaardes.
"*" indicates required fields
Kom gesels saam op 14 Mei oor die toekoms van ons skole.
@LenorVan @DieDagbreker @maroelamedia @VFPlus @VFplusGP #skole #onderwysdepartement
💪 Insightful interview with dr. Corné Mulder on @SizweMpofuWalsh [Youtube channel: SMWX] @muldercorn
✍️ Dr. Corné Mulder, VF Plus-LP en hoofsweep onderteken die Afrikaner Verklaring. @MulderCorn
❗️𝐀𝐟𝐫𝐢𝐤𝐚𝐧𝐞𝐫 𝐕𝐞𝐫𝐤𝐥𝐚𝐫𝐢𝐧𝐠 bekendstelling by die...
youtube.com
Die Vryheidsfront Plus is verbind tot groepsregte, teen regstellende aksie en vir ‘n beter SA vir almal.