Die Vryheidsfront Plus is onherroeplik verbind tot die verwesenliking van gemeenskappe, in die besonder die Afrikaner, se internasionaal erkende reg op selfbeskikking, territoriaal en andersins, die handhawing, beskerming en uitbouing van hulle regte en belange, asook tot die bevordering van die reg op selfbeskikking vir alle gemeenskappe in Suid-Afrika gebind deur ‘n gemeenskaplike taal- en kultuurerfenis.
18.2.2.1 Dat alle lede aanvaar dat God-Drie-Enig oor die lotgevalle van volke en nasies beskik en dat ons as volksgenote onderneem om tot eer van God te leef;
18.2.2.2 Dat Afrikanervolkseenheid bevorder moet word;
18.2.2.3 Dat die Afrikanervolk se reg op selfbeskikking, dit wil sê die reg om in sy eie staat oor homself te regeer, nagestreef sal word as ‘n ononderhandelbare reg;
18.2.2.4 Dat ‘n eenheidstaat en enige ander staatsvorm waarbinne andere staatkundig oor die Afrikanervolk kan regeer en waar hy deur ander verswelg mag word, vir die Vryheidsfront Plus onaanvaarbaar is;
18.2.2.5 Dat wet en orde só gehandhaaf moet word dat vrede en veiligheid gewaarborg en misdaad en geweld doeltreffend beveg word;
18.2.2.6 Dat enige vorm van Kommunisme verwerp word en met alle mag tot die beskikking van die Vryheidsfront Plus beveg sal word;
18.2.2.7 Dat ‘n Konfederale beleid vir Suider-Afrika nagestreef en bevorder sal word.
18.2.3.1 Ek verbind my uit vrye wil om onverdeelde lojaliteit aan die Vryheidsfront Plus te betuig en om die verpligtinge verbonde aan my lidmaatskap van die Vryheidsfront Plus volgens hierdie grondwet, getrou na te kom;
18.2.3.2 Ek onderwerp my aan die gesag en tug van die Vryheidsfront Plus se organisasie volgens hierdie grondwet;
18.2.3.3 Ek is nie lid van enige ander politieke party of organisasie met ‘n politieke strekking wat deur die Federale Raad geag word in stryd te wees met die beginsels of belange van die Vryheidsfront Plus nie;
18.2.3.4 Indien ek, nadat ek aangesluit het by die Vryheidsfront Plus, lidmaatskap aanvaar van enige ander politieke party of organisasie met ‘n politieke strekking wat deur die Federale Raad geag word in stryd te wees met die beginsels of belange van die Vryheidsfront Plus, dit geag sal word dat ek onmiddellik daarmee outomaties my lidmaatskap van die Vryheidsfront Plus beëindig het.
"*" indicates required fields
❗️❗️❗️STOP BELA-WET: Bou nuwe skole, los Afrikaanse skole uit!
Staan saam teen Bela!
📅 5 November 2024 om 09:00
📍 Voortrekkermonument
#BelaProtes
@grandi_theun @VFPlus
In the FF Plus’s view, it is imperative to investigate the matter on a higher level seeing as there have been several incidents pointing to possible dishonesty, meaning that the SU cannot be trusted to take action itself.
FF Plus requests Parliament's Portfolio Committee on Higher Education to investigate irregularities...
The scandals and conflict at Stellenbosch University (SU), revolving around the Rector and Vice-Chancellor Professor Wim de Villiers, should not be
www.vfplus.org.za
"The FF Plus did not support the approval of a salary increase for councillors of the Johannesburg Metro Council." - Cllr. Cor Boer
📌 Article:
📱FF Plus Gauteng Whatsapp channel: https://whatsapp.com/channel/0029VaHfcxyEFeXuPu7Oqs2R
Die Vryheidsfront Plus is verbind tot groepsregte, teen regstellende aksie en vir ‘n beter SA vir almal.