Die Federale Dagbestuur bestaan uit die Leier, die Voorsitter van die Federale Raad wat as die voorsitter van die dagbestuur optree, die nege Provinsiale Leiers, die voorsitters van die permanente komitees van die Federale Raad, die Hoofsweep van die Parlementêre Koukus, en die Nasionale Jeugleier. Wanneer die Federale Raad nie in sitting is nie, oefen die Federale Dagbestuur sy bevoegdhede uit.