Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verskil met hoogste hof oor ANC-lyste

Die konstitusionele hof se uitspraak om 181 kandidate van die ANC toe te laat om wel aan die plaaslike regeringsverkiesing deel te neem nadat die kieshof aanvanklik daarteen beslis het, is vreemd en problematies.

Die VF Plus wil dit nogtans duidelik stel dat sy meningsverskil en kritiek op ‘n uitspraak van die hoogste hof in die land geensins beteken dat daar by die party ‘n gebrek aan respek vir die regbank bestaan nie.

Hierdie uitspraak plaas die ANC in ‘n posisie waar hy, ondanks administratiewe mislukkings en interne konflik, steeds in Mangaung aan die verkiesing sal kan deelneem.

Die feit dat die ANC nie sy kandidaatlyste ingedien het voor die spertyd nie, is ‘n toonbeeld van sy optrede waar hy op plaaslike en nasionale vlak in regering is. Dit word gekenmerk deur onbevoegdheid en ‘n onvermoë om selfs aan basiese vereistes te voldoen.

Hierdie gebeure stuur opnuut ‘n boodskap aan kiesers dat die ANC nie in staat is tot goeie bestuur nie, en hulle moet daarvan kennis neem. Dit is presies wie en wat die ANC is.

Die toekoms van Suid-Afrika is in die hande van sy kiesers, en die feit dat die ANC in Mangaung sal kan deelneem, beteken nie dat stemme bloot aan hom toegeken sal word nie.

Stemme moet verdien word, en die ANC het nou by herhaling gewys hy verdien nie die vertroue en steun van die mense van Suid-Afrika nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.