Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vulliskrisis in Kroonstad wys waarom ’n stem vir die VF Plus belangrik is

Die voortgesette vulliskrisis in Kroonstad toon duidelik waarom inwoners op 4 November vir die VF Plus moet stem.

Die strate, parke en sakegebiede van die dorp word deur huishoudelike afval en onwettige storting bemors omdat die Moqhaka-plaaslike munisipaliteit inwoners soms tot drie weke lank sonder gereelde vullisverwydering laat.

Afval hoop in die middedorp op, waar sakke in die hitte staan, oopgekrap word en die inhoud daarvan oor sypaadjies en openbare ruimtes versprei. Dit is nie bloot ’n vullisprobleem nie, maar ’n direkte bedreiging vir inwoners se gesondheid en veiligheid.

Die VF Plus het in ’n brief aan die waarnemende munisipale bestuurder, mnr. Tshidisang Moremi, geëis dat die munisipaliteit aan die raad en inwoners rapporteer waarom vullisdienste herhaaldelik ontbreek en teen wanneer die huidige agterstand uitgewis sal wees.

Die munisipaliteit se versuim om hierdie basiese diens te lewer, skep ernstige gesondheids- en veiligheidsrisikos. Vullissakke wat nie betyds verwyder word nie, lok afvalherwinners wat tot laat in die nag sakke oopkrap, terwyl die oorblywende afval net so gelaat word.

Die VF Plus wil ’n werkbare afvalbestuursplan saam met inwoners, ondernemings en afvalherwinners ontwikkel.

Dit sluit beter polisiëring van onwettige storting en die herstel van straatligte in. Met die regte samewerking kan afval verminder, werksgeleenthede geskep en Kroonstad weer skoon en veilig gemaak word.

Die plaaslike munisipale verkiesing gee inwoners die kans om die VF Plus sterker te maak.

Stem VF Plus op 4 November. Dis ons tyd vir ’n skoner en veiliger Kroonstad.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.