Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

DA in Thembelihle (Hopetown en Strydenburg) wys ANC is sy gunsteling koalisievennoot

Met die inhuldiging van raadslede en die verkiesing van sleutelposte in Thembelihle (Hopetown en Strydenburg), het die DA iets bewys: As hy tussen die ANC en VF Plus moet kies, kies hy die ANC.

In ʼn uitsonderlike verkiesingsuitslag in dié munisipaliteit, het die ANC vyf van elf setels verower en die VF Plus twee. Die EFF, PA, DA en Onafhanklik het elk een setel verower.

Sodoende het die ANC drie setels in die uitvoerende komitee verwerf en die VF Plus een. Die burgemeester moet vanuit die uitvoerende komitee verkies word.

Alle opposisiepartye het voor die eenvoudige keuse te staan gekom: Verkies hulle ʼn burgemeester van die ANC, of van die VF Plus. Die DA is die enigste opposisieparty wie se keuse op die ANC geval het. Met sy enkele setel het die DA die ANC gered.

Ondersteuners van ander partye het toegekyk hoe plaaslike ondersteuners van die DA by hul raadslid aandring om volgens sy gewete te stem. Sy antwoord was egter konstant: Leierskap verwag dat hy die ANC steun.

Die VF Plus vertrou dat kiesers dit sal onthou wanneer die DA weer in ʼn verkiesingsveldtog waarsku teen sogenaamde kleiner partye wat “die ANC weer by die agterdeur inlaat”.

Intussen moet inwoners van Hopetown en Strydenburg vir nog vyf jaar vir die gelag betaal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.