Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Voorgestelde regulasies oor identifikasie van diere: Minister moet onsekerhede opklaar

Die voorgestelde regulasies vir die identifikasie van diere skep tans onrus in die landbougemeenskap. Dit lyk of dit onhaalbare vereistes aan eienaars van diere, van bye en konyne tot beeste, stel.

Die kernvraag wat beantwoord moet word, is egter watter diere ter sprake is.

Die konsepregulasies wat vir kommentaar gepubliseer is, is kragtens die Diereverbeteringswet van 1998, nie die Wet op Identifikasie van diere van 2002 nie. Dit gebruik die omskrywing van “diere” volgens eersgenoemde wet, wat soos volg lui:

““dier” ’n soort dier of ’n dier van ʼn vermelde ras van so ’n soort dier wat
ingevolge artikel 2 as “n dier vir die doeleindes van hierdie Wet verklaar”; …

Dit handel dus met dierererasse wat by stamboekverenigings ingeskryf is en dus onder die bestuur van hoogs gesofistikeerd stoettelers staan. Dit is iets heel anders as die gewone definisie van diere, soos plaas- en huisdiere.

Die VF Plus doen ʼn beroep op die minister van landbou, mnr. Willie Aucamp, om te bevestig watter diere in die regulasies ter sprake is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.