Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Carletonville-slagting: Waarskuwingstekens was daar

Wanneer agt swaar gewapende aanvallers met AK-47’s en pistole ’n taverne kan binnestorm, 17 mense doodskiet en 15 ander wond, is dit ’n ernstige waarskuwing dat georganiseerde gewapende misdaad in dele van Gauteng buite beheer is. Die aantal oorledenes het intussen na 18 gestyg. Die VF Plus verwelkom die polisie se vinnige optrede, asook die […]

Kiesers moet nou ook ANC-verskonings oor onbevoegdheid soos Kieshof verwerp

Die VF Plus verwelkom die Kieshof se beslissing om die ANC se aansoek om die heropening van die kandidaatregistrasieproses van die hand te wys, en die party hoop dat kiesers in die komende verkiesing die ANC se onbevoegdheid op soortgelyke wyse sal straf. Hierdie uitspraak stuur ‘n duidelike boodskap dat die ANC nie langer taktiek […]

Rubio se boodskap duidelik dat daar nie langer gewag kan word met VSA-voorwaardes nie

Die minagting waarmee pres. Cyril Ramaphosa en sy regering vir langer as ’n jaar Amerika se voorwaardes vir die normalisering van betrekkinge tussen dié twee lande ignoreer, begin nou ernstige, direkte gevolge inhou. Die nuwe beleid wat Amerika se minister van buitelandse sake, Marco Rubio, pas aangekondig het, onder meer teen regeringsamptenare wat betrokke is […]

Polisie moet nou optree ná lyk van nog ʼn vrou in Springs gevind is

Die polisie moet onmiddellik sy misdaadbekampingsveldtog aan die Oos-Rand verskerp nadat die oorskot van ʼn sesde vrou Dinsdagoggend in Kwathema, naby Springs, gevind is. Die lyke van ses vroue wat binne ʼn beperkte gebied gevind is, kan nie as losstaande gevalle hanteer word nie. Dit vereis ’n dringende, gekoördineerde en intelligensiegedrewe ondersoek. Die polisie moet […]

Opgradering van kragkabels in Kemptonpark kan nie langer sloer

Kemptonpark se inwoners en ondernemings ly al jare onder herhaalde en langdurige kragonderbrekings weens verouderde oliegevulde kragkabels wat reeds 50 jaar oud is. Hierdie kabels veroorsaak gereeld foute en laat inwoners soms dae of weke sonder elektrisiteit. Die Ekurhuleni-metro het begin om hierdie ou kabels met moderne poliëtileen-kabels (XLPE) te vervang. Die nuwe kabels is […]

Zeerust en Groot Marico sonder basiese dienste weens onwettige staking

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die munisipale bestuurder van die Ramotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit, mnr. Isaac Mokgatlhe, aangedring op onmiddelike optrede teen munisipale werkers wat onwettig staak en dienslewering in Zeerust en Groot Marico lamlê. Vullis word nie verwyder nie en inwoners ly onder gereelde krag- en wateronderbrekings. Dit blyk duidelik dat die […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.