VF Plus spaar Mangaung-ondernemings duisende in stortingsterrein-stryd

Die VF Plus het ’n groot oorwinning vir Mangaung se sakegemeenskap en inwoners behaal deur buitensporige stortingsterrein-heffings af te weer wat ondernemings duisende rande sou kos. Die metro se oorspronklike 2026/27-begroting het voorsien dat sekere ondernemings tussen R130 000 en R330 000 per maand aan stortingstariewe sou betaal – ’n onvolhoubare las vir kleinsake-eienaars. Kontrakteurs […]
BKS-hofuitspraak: Oorwinning nie net vir veeboere, maar vir hele burgerlike samelewing

Gister se hofuitspraak oor private betrokkenheid by inenting teen bek-en-klouseer (BKS) is ooglopend ‘n groot oorwinning vir veeboere. Saam met private veeartse is hulle lankal gereed om hierdie siekte te help bestry. Hul pogings is egter deur ‘n staat gekortwiek wat beheer oor die proses in sy onbevoegde hande wou hou. Die vereistes wat die […]
VF Plus neem leiding met petisie teen kabeldiefstal in Groenkloof

Die VF Plus het gister met gemeenskapsleiers in Groenkloof vergader en hulle bygestaan met die opstel van ’n dringende petisie aan die Tshwane-metro. Dit volg ná herhaalde kragonderbrekings in die gebied weens kabeldiefstal die afgelope twee weke. Die petisie fokus op die gebied langs die Unisa-heining naby die Fonteinesirkel, waar kabels herhaaldelik gesteel word. Die […]
Die ANC het sy tyd as regering misbruik; dis Nou Ons Tyd!

Die ANC het sy tyd gehad om Suid-Afrika te regeer. Dit is misbruik. Ná meer as drie dekades van ANC-regering is die land bykans vernietig. Onbevoegdheid en korrupsie het staatsinstellings uitgehol en munisipaliteite laat verval. Die tyd het aangebreek vir almal van ons wat opreg glo in die pragtige land van geleenthede om saam te […]
VF Plus verheug dat Grondwethof kernpilaar van NGV verwerp

Die VF Plus is verheug oor die uitspraak van die Grondwethof vandag wat die sertifikaat van behoeftes, wat in die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) vervat is, ongrondwetlik verklaar. Dit was ‘n die kernpilaar van die NGV. In die saak van Solidariteit, die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) en die Alliansie van Suid-Afrikaanse Onafhanklike Praktisynsverenigings en andere teen […]
President Ramaphosa het geen keuse gehad as om Sisisi Tolashe af te dank nie

President Cyril Ramaphosa het vandag aankondig dat hy minister Sisisi Tolashe van maatskaplike ontwikkeling afgedank het. Tolashe, wat ook president van die ANC Vroueliga is, was die afgelope weke onder toenemende druk weens ’n reeks ernstige bewerings van ongerymdhede. Dit sluit onder meer die onbehoorlike gebruik van Chinese Ambassade-donasiervoertuie wat na haar familie gegaan het […]
SOE-verslag: “Geen onreëlmatighede in hantering van Orania-grondeis”

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het in ‘n ondersoek na die Orania-grondeis wat in 2006 afgehandel is, bevind dat daar geen onreëlmatighede in die hantering daarvan was wat verdere aksie regverdig nie. Dit het Woensdag uit ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir grondhervorming en landelike ontwikkeling aan die lig gekom. Die portefeuljekomitee het vroeër die […]
Phala Phala: Pres. Ramaphosa se rug is teen die muur – betwis na jare die bevindinge van onafhanklike ondersoekpaneel

Pres. Cyril Ramaphosa is met sy rug teen die muur. Sy besluit om nou, ná byna vier jaar, die bevindinge van die onafhanklike artikel 89-paneel te betwis, is duidelik ’n desperate poging om homself te red. Sy terugvegpoging kom nadat die Grondwethof verlede week sy vroeëre beskerming deur die ANC-meerderheid in die parlement weggeneem het. […]
VF Plus-kommer oor Grondwethof se Phala Phala-beslissing

Die VF Plus verwelkom vandag se Grondwethof-uitspraak oor Phala Phala, maar is bekommerd oor die feit dat hof met sy uitspraak tot ‘n mate die skeiding van magte erodeer deur aan die parlement voor te skryf oor hoe om sy interne prosesse te bestuur. Die hof het beslis dat die onafhanklike paneel se verslag, wat […]
Weerhouding van huiseienaarskap vir Refilwe-inwoners ontneem Tshwane van inkomste

Die feit dat eienaarskap van residensiële eiendomme in Refilwe naby Cullinan nie aan inwoners oorgedra word nie, beteken dat inwoners nie erfbelasting hoef te betaal nie en dit ontneem die Tshwane-metro van hierdie broodnodige inkomste. ‘n Ondersoek van die VF Plus het aan die lig gebring dat sowat 10% van dié eiendomme nog in die […]