Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Polisie moet nou optree ná lyk van nog ʼn vrou in Springs gevind is

Die polisie moet onmiddellik sy misdaadbekampingsveldtog aan die Oos-Rand verskerp nadat die oorskot van ʼn sesde vrou Dinsdagoggend in Kwathema, naby Springs, gevind is.

Die lyke van ses vroue wat binne ʼn beperkte gebied gevind is, kan nie as losstaande gevalle hanteer word nie. Dit vereis ’n dringende, gekoördineerde en intelligensiegedrewe ondersoek.

Die polisie moet sy misdaadintelligensie-vermoëns maksimaal benut om patrone, moontlike skakels, verdagtes en gebiede van verhoogde risiko te identifiseer. Intelligensie moet nie eers ná nóg ’n slagoffer se dood in werking tree nie. Voorkoming en die vroegtydige identifisering van verdagtes moet voorop staan.

Die VF Plus doen ’n beroep op die polisie om sigbare polisie-teenwoordigheid in hoërisiko-gebiede te verhoog, ondersoeke dringend te koördineer en alle beskikbare intelligensiebronne te mobiliseer.

Terselfdertyd doen die party ’n beroep op inwoners van die Oos-Rand om uiters waaksaam te wees, veral wanneer hulle alleen reis of onbekende persone en plekke betree.

Enige verdagte gedrag of inligting wat tot die opsporing van ’n verdagte kan lei, moet onmiddellik by die polisie aangemeld word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.