Toenemende kabeldiefstal in die Groenkloof- en Unisa-gebied van die Tshwane-metro kan nie langer geduld word nie.
Aangesien dit โn algemene probleem in Tshwane is moet die metro verantwoordelikheid neem om kritieke infrastruktuur te beskerm, wat tans nie gebeur nie.
Ondernemings en huishoudings wat gereeld sonder krag is, moet ekstra koste aangaan om kragopwekkers aan te skaf vir elektrisiteitsvoorsiening om aan hulle daaglikse behoefte daaraan te voldoen. Die Groenkloof-inwonersvereniging het as voorkomende en reaksionรชre maatreรซls, selfs bykomende sekuriteitskameras by die Unisa-grens geรฏnstalleer waar kabels gereeld gesteel word.
Die jongste voorval in Groenkloof het Sondag plaasgevind toe โn gedeelte van โn kragkabel langs die Nelson Mandela-rylaan gesteel is. Inwoners in die gebied het daarna weer dae lank sonder elektrisiteit gesit.
Die Tshwane-kabeldiefstaleenheid, metropolisie en โn sekuriteitsmaatskappy het dadelik begin soek na die skuldiges. Met hul aankoms het die diewe in die rigting van โn beboste stuk veld gehardloop en is hulle steeds op vrye voet.
Die VF Plus het die hoof van die elektrisiteitsdepartement, Frans Diale, versoek om indringerplante langs die Nelson Mandela-rylaan en Elandspoort-rylaan in Groenkloof te verwyder. Hierdie digte plantegroei bied โn ideale wegkruipplek vir kabeldiewe.
Die party het ook die metropolisie en die kabeldiefstaleenheid versoek om hul maatreรซls te verskerp om diewe vas te trek.
Inwoners kan nie maandeliks herhaaldelik etlike dae sonder elektrisiteit gelaat word omdat infrastruktuur beskadig word nie. Belastinggeld moet eerder aangewend word om infrastruktuur te beveilig en op te gradeer, nie om dit telkens te vervang nie.


