Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sterk span VF Plus-burgemeesterskandidate om Gauteng-munisipaliteite op herstelpad te plaas

Die VF Plus het vandag sy burgemeesterskandidate vir Gauteng se drie metrorade, ses plaaslike munisipaliteite en twee distriksmunisipaliteite bekend gestel – ’n span wat gereed is om verantwoordelikheid te neem en plaaslike regering weer te laat werk.

Gauteng se inwoners het genoeg gehad van vervalle infrastruktuur, water- en kragonderbrekings, rioolstortings, slaggate, swak finansiële bestuur en politieke onstabiliteit.

Munisipaliteite behoort ekonomiese enjins te wees wat investering, ontwikkeling en werkskepping moontlik maak. In te veel gevalle het hulle egter remskoene vir groei geword. Die herstel van Gauteng se ekonomie begin daarom by die herstel van plaaslike regering.

Die kandidate bring ’n kombinasie van ervaring, plaaslike kennis, leierskap en ’n verbintenis tot verantwoordbare regering na die tafel. Hulle verstaan dat ’n burgemeester nie aangestel word om ’n titel te dra nie, maar om verantwoordelikheid vir resultate te aanvaar.

Wat aan Gauteng se politieke landskap gebied word, is stabiliteit, betroubaarheid en beginselvaste samewerking.

Waar geen party alleen kan regeer nie, is stabiele koalisies noodsaaklik. Die VF Plus het hom reeds gevestig as ’n gedissiplineerde en konstruktiewe koalisievennoot wat ooreenkomste respekteer en dienslewering bo politieke speletjies stel.

Die benadering is eenvoudig: munisipaliteite moet terugkeer na hul kernfunksies. Water moet vloei, ligte moet brand, rioolstelsels moet werk, paaie moet onderhou word en vullis moet verwyder word.

Korrupsie en vermorsing moet plek maak vir kundigheid, finansiële dissipline en aanspreeklikheid. Waar kapasiteit ontbreek, moet vennootskappe met die privaatsektor en gemeenskappe benut word om infrastruktuur en dienslewering te herstel.

Na die verkiesing van 4 November 2026 staan die VF Plus gereed om ’n groter en sterker rol in Gauteng se munisipale regerings te speel.

Dit gaan nie bloot oor kandidate nie, maar oor leierskap, stabiliteit en ’n werkbare plan vir herstel.

Dit is ons tyd om plaaslike regering te herstel.

Burgemeesterskandidate vir Gauteng op foto van links na regs:

• Johannesburg-metro: Franco de Lange
• Tshwane-metro: Willie Spies
• Ekurhuleni-metro: Jennifer Glover
• Sedibeng-distrik: Julio Agrella
• Emfuleni: Cobus Cato
• Merafong: Ben van der Berg
• Mogale City: Amy Steyn
• Rand West City: Fred Steffers
• Wes-Rand-distrik: Braam Reed
• Lesedi: Mari Boshoff (Afwesig)
• Midvaal: Ockert Brits (Afwesig)
Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng – links voor

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.