Nuwe Geskiedenis-leerplan: VF Plus versoek minister om spertyd vir openbare deelname te verleng

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die minister van basiese onderwys, me. Siviwe Gwarube, versoek dat die spertyd vir openbare deelname oor veranderinge aan die kurrikulum vir geskiedenis met veertien dae verleng word. Die dokumente waarop kommentaar gevra word, is lywig en verg deeglike ondersoek. Die uitnodiging tot openbare kommentaar is op 20 […]
VF Plus wens nuutverkose DA-leier geluk

Die VF Plus dra hiermee sy opregte gelukwensing oor aan mnr. Geordin Hill-Lewis met sy verkiesing vandag as federale leier van die Demokratiese Alliansie (DA). Die VF Plus bly daartoe verbind om met politieke partye saam te werk wat na oplossings streef om van Suid-Afrika ‘n beter land te maak. Ook met partye wat sal […]
Geweldskultuur in Suid-Afrika plaas dit op gevaarlike pad na anargie en totale wanorde

Die geweldskultuur in Suid-Afrika ontspoor die land en plaas dit op ’n gevaarlike pad na anargie en totale wanorde. Die jongste voorbeeld hiervan is die moord op, ds. Danie Oosthuizen, afgetrede NG-predikant van Primrose-Oos in Germiston op 6 April – ’n tragiese voorval wat opnuut die toenemende wetteloosheid en geweld in gemeenskappe onderstreep. Hierdie soort […]
MK vasbeslote om 1994-skikking om te keer – twee voorgestelde grondwetwysigings

Die Umkhonto we Sizwe Party (MK) is klaarblyklik vasbeslote om kernbepalings van die grondwetlike skikking van 1994 ongedaan te maak. Dit lei ‘n mens af uit die aankondiging in die Staatskoerant van 27 Maart 2026 oor die skrapping van artikel 235 oor selfbeskikking. In ‘n mediaverklaring van 7 April 2026 verklaar dié party ook dat […]
NMBM se voorgestelde kragverhoging van 11,2% onhoubare las op inwoners

Die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) se voorgestelde kragtariefverhoging van 11,2% wat aan Nersa vir goedkeuring voorgelê is, gaan ʼn onregverdige en onvolhoubare las op inwoners en ondernemings plaas wat reeds onder groot finansiële druk verkeer. Huishoudings worstel met stygende lewenskoste en so ’n verhoging sal die druk vererger, veral vir kwesbare gemeenskappe. Inwoners word boonop gevra […]
Mantashe verklaar dat terughou van brandstof onwettig is en beloof vervolging – VF Plus sal dophou

In ‘n vraag- en antwoordsessie in die Nasionale Vergadering (NV) het die minister van minerale – en petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, vanmiddag ondubbelsinnig verklaar dat die terughou van brandstof onwettig is. Terwyl die minister verduidelik hoe daar tans geen brandstoftekort in Suid-Afrika is of verwag word nie, is talle vulstasies en groothandelaars tans sonder diesel. Hulle […]
Nuwe lede laat VF Plus sterk groei

Die geweldige groei van die VF Plus oor die laaste maande en die aansluiting van duisende nuwe lede het vandag verdere momentum gekry met die besluit van Referendum Party om te ontbind en sy gewig by die VF Plus in te gooi. Talle ander partye het in die verlede al besluit om te ontbind en […]
Menseregtedag 2026: ’n Hol simbool vir miljoene in armoede en vrees

Terwyl president Cyril Ramaphosa vandeesweek praat oor die “belangrikheid van menseregte”, is die realiteit vir miljoene Suid-Afrikaners een van leë borde, wanhoop en slot en grendel teen misdaad. Menseregtedag is vir meer as 12,4 miljoen werklose mense in die land — bykans 43% (Statistieke Suid-Afrika: Februarie 2026) — geen viering nie, maar ’n bitter herinnering […]
Suid-Afrika se regering moet kennis neem van die Amerikaanse realiteit

(Parlementsdebat: Die eskalerende krisis in die Midde-Ooste ná die onlangse VSA-aanval op Iran en die implikasies vir Suid-Afrika) Suid-Afrika se steun vir Iran en die negatiewe gevolge vir die land weens sy vyandigheid teenoor Amerika het alles te doen met die ANC se historiese verbintenis met lande en organisasies wat sy bevrydingstryd gesteun het. Die […]
Departement sê daar is genoeg brandstof, tog is voorraad by vulstasies beperk – Waar is die brandstof dan?

In ‘n mediaverklaring het die departement van minerale- en petroleumhulpbronne gister die versekering gegee dat voldoende brandstof in die land beskikbaar is, ten spyte van internasionale konflik. Tog het die VF Plus briewe van brandstofverskaffers gesien waarin vulstasies teen tekorte gewaarsku word. ‘n Lang lys van vulstasies wat reeds droog is, doen ook die rondte […]