Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Minister verwys VF Plus stemmanipulasie-klagte na Gauteng

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Velenkosini Hlabisa, het skriftelik bevestig dat hy kennis neem van die VF Plus se klag oor ernstige stemmanipulering tydens die Emfuleni-munisipaliteit se aansuiweringsbegroting in Maart vanjaar.

Hy het die saak verwys na die Gautengse LUR vir Cogta, Jacob Mamabolo, vir verdere handeling.

Die VF Plus het onmiddellik ná die raadsvergadering op 17 Maart 2026 formele klagte op munisipale, provinsiale én nasionale vlak ingedien.

Volgens die VF Plus se rekord was daar 83 raadslede aanwesig tydens die vergadering. Die werklike stemme was as volg: 42 raadslede het ten gunste van die begroting gestem, 40 het daarteen gestem en een raadslid het buite stemming gebly.

Die speaker, Sibongile Soxusa, het egter aangekondig dat 46 raadslede ten gunste en 37 daarteen gestem het. Omdat ’n eenvoudige meerderheid van 46 stemme nodig was, het die aansuiweringsbegroting op grond van hierdie aankondiging geslaag.

Die VF Plus het onmiddellik ná die sitting verklaar dat die uitslag óf verkeerd getel is óf doelbewus gemanipuleer is en dat die goedkeuring van die begroting dus onwettig is.

Die party verwag dat die LUR die saak met erns sal ondersoek en dat die onreëlmatige uitslag omgekeer sal word.

Dit is van kritieke belang dat deursigtigheid en verantwoordelikheid in munisipale prosesse geld. Inwoners mag nie benadeel word weens onwettige raadsbesluite nie.

Die ANC mag nie wegkom met die ondermyning van demokratiese prosesse nie.

Kiesers word versoek om op 4 November vir die VF Plus te stem ten einde ’n verantwoordelike raad daar te stel wat streng binne wetlike raamwerke optree.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.