Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus bied beloning aan ná sabotasie van verkiesingsborde

Die VF Plus bied ’n beloning aan vir inligting wat tot ’n skuldigbevinding sal lei ná ’n groot aantal van die party se verkiesingsborde in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit van pale afgeruk en op die grond gegooi is.

Die skade beloop reeds duisende rand, met die ergste voorvalle in Voortrekkerlaan, Robert Broomweg en Fredrick Cooperstraat in Krugersdorp.

Hierdie optrede kan nie as toevallig afgemaak word nie. Indien borde doelbewus verwyder word, is dit niks minder nie as sabotasie en opsetlike beskadiging van eiendom.

Die VF Plus het reeds ’n klag van saakbeskadiging by die polisie ingedien.

Die omvang van die voorvalle wek ernstige kommer en laat die vraag ontstaan of die VF Plus se groeiende teenwoordigheid ’n bedreiging vir sekere politieke rolspelers geword het. Die party sal egter nie deur intimidasie afgeskrik word nie.

Die VF Plus se tydelike afwesigheid op pale beteken nie dat die party afwesig is nie. Inteendeel, die veldtog gaan voort en die boodskap aan Mogale City se inwoners bly duidelik en sterk.

Die VF Plus doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor die beskadiging of verwydering van veldtogborde om die polisie of die party te kontak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.