Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dit is tyd om die Vaal reg te ruk – VF Plus-leier se “Dit is tyd”-toer

Die VF Plus-leier, dr. Corné Mulder, het dié week die Vaal en suidelike Gauteng besoek as deel van sy “Dit is tyd”-toer.

Openbare vergaderings is in Heidelberg, Walkerville, Evaton en Vanderbijlpark gehou en die toer is Donderdagaand by Stonehaven afgesluit.

Die besoek het die ernstige uitdagings waarmee gemeenskappe in die Vaal te kampe het, weer onderstreep.

Veral in Emfuleni het swak dienslewering, vervalle infrastruktuur en finansiële probleme ’n kritieke stadium bereik. Emfuleni het in Junie 2026 vir die negende agtereenvolgende jaar ’n onbefondsde begroting aanvaar.

“Die Vaal het nie nog politieke beloftes nodig nie, maar ’n praktiese regrukplan. Die VF Plus se 2026-manifes bied juis so ’n tienpuntplan,” sê Mulder.

Die plan fokus op:

  1. Gemeenskappe besluit self – desentraliseer mag en besluitneming.
  2. Belastinggeld moet werk – beter waarde vir geld en dienslewering.
  3. Billike tariewe en belastings – geen onnodige verhogings bo inflasie nie.
  4. Herstel infrastruktuur – prioritiseer water, riool, elektrisiteit en paaie.
  5. Finansiële verantwoordbaarheid – professionele bestuur en gevolge vir wanbestuur.
  6. ’n Veilige en gesonde omgewing – bekamp besoedeling, waterverlies en misdaad.
  7. Werkskepping en ekonomiese groei – minder rompslomp en ’n beter klimaat vir ondernemings.
  8. Amptenare moet inwoners dien – meriete, kundigheid en ’n diensleweringskultuur.
  9. Goeie waardes en gelyke regte – verantwoordbare regering en respek vir gemeenskappe.
  10. Effektiewe oorsig en stabiele koalisies – deursigtigheid, aanspreeklikheid en beginselvaste bestuur.

Die uitdaging ná 4 November 2026 is om Emfuleni se bestuur, finansies, infrastruktuur en dienslewering sistematies te herstel.

Dit is tyd om die Vaal reg te ruk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.