Die VF Plus in Noordwes het vandag die party se burgemeesterskandidate vir die komende plaaslike regeringsverkiesing in die provinsie bekend gemaak.
Die kandidate is aangewys ná ‘n omvattende keurings- en verkiesingsproses.
Tydens hierdie proses is voornemende kandidate onder meer gemeet aan hul vaardighede, kwalifikasies, gemeenskapsbetrokkenheid en ervaring in plaaslike regeringsake.
Die VF Plus is trots daarop om kiesers te kan verseker dat hierdie gekose groep ‘n wye spektrum van kundigheid en vaardighede het.
Die groep sluit sakelui, akademici, verskeie professies en ook vakkundiges op verskeie terreine in.
Die meeste van hierdie kandidate is ook welbekend in hul gemeenskappe as gemeenskapsleiers by uitstek.
Kiesers moet op 4 November met hul stemme verseker dat hierdie uitnemende span burgemeesterskandidate, alle moontlike steun kry om herstel in dienslewering in Noordwes-munisipaliteite teweeg te bring.


