Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

SOE-ondersoek lê ernstige verval in Ekurhuleni bloot

Die VF Plus verwelkom die bevindinge van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) oor die bedrieglike oordrag van munisipale grond in Villa Liza, Boksburg, en doen ’n beroep op beslissende optrede teen die verantwoordelike persone.

Die SOE het bevind dat 208 munisipale erwe, ter waarde van sowat R58 miljoen, tussen 2018 en 2022 bedrieglik aan privaat persone oorgedra is sonder raadsbesluite of wettige magtiging.

Die metro het geen opbrengs uit hierdie transaksies ontvang nie. Vervalste belastingklaringsertifikate en volmagte is gebruik om die oordragte te bewerkstellig.

Die saak is na die betrokke owerhede verwys vir vervolging, terwyl die SOE regstappe doen om die onwettige oordragte tersyde te stel en verliese te verhaal.

Hierdie bevindinge is veral kommerwekkend in die lig van soortgelyke probleme elders in Ekurhuleni, soos in Randhart en Alberton waar die onwettige verkoop en besetting van 18 munisipale eiendomme ondersoek word.

Behoorlike beheer oor munisipale eiendom is onmoontlik sonder voldoende inligting oor hoeveel en watter eiendom Ekurhuleni werklik besit.

Hoewel R12 miljoen in die 2025/2026-begroting oor drie jaar vir ’n grondoudit begroot is, is daar steeds geen duidelikheid oor die vordering van dié oudit nie.

Die VF Plus sal aanhou om druk toe te pas hieroor totdat ’n omvattende en deursigtige oudit van alle munisipale grond, veral vakante eiendom en eiendomme sonder behoorlike bestuur, afgehandel is.

Openbare eiendom behoort aan die mense van Ekurhuleni en moet tot hul voordeel beskerm word.

Inwoners kan op 4 November 2026 vir die VF Plus stem vir minder beloftes en meer diens en aanspreeklikheid.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.