Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Die ANC het sy tyd as regering misbruik; dis Nou Ons Tyd!

Die ANC het sy tyd gehad om Suid-Afrika te regeer. Dit is misbruik. Ná meer as drie dekades van ANC-regering is die land bykans vernietig. Onbevoegdheid en korrupsie het staatsinstellings uitgehol en munisipaliteite laat verval. Die tyd het aangebreek vir almal van ons wat opreg glo in die pragtige land van geleenthede om saam te […]

VF Plus verheug dat Grondwethof kernpilaar van NGV verwerp

Die VF Plus is verheug oor die uitspraak van die Grondwethof vandag wat die sertifikaat van behoeftes, wat in die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) vervat is, ongrondwetlik verklaar. Dit was ‘n die kernpilaar van die NGV. In die saak van Solidariteit, die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) en die Alliansie van Suid-Afrikaanse Onafhanklike Praktisynsverenigings en andere teen […]

President Ramaphosa het geen keuse gehad as om Sisisi Tolashe af te dank nie

President Cyril Ramaphosa het vandag aankondig dat hy minister Sisisi Tolashe van maatskaplike ontwikkeling afgedank het. Tolashe, wat ook president van die ANC Vroueliga is, was die afgelope weke onder toenemende druk weens ’n reeks ernstige bewerings van ongerymdhede. Dit sluit onder meer die onbehoorlike gebruik van Chinese Ambassade-donasiervoertuie wat na haar familie gegaan het […]

SOE-verslag: “Geen onreëlmatighede in hantering van Orania-grondeis”

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het in ‘n ondersoek na die Orania-grondeis wat in 2006 afgehandel is, bevind dat daar geen onreëlmatighede in die hantering daarvan was wat verdere aksie regverdig nie. Dit het Woensdag uit ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir grondhervorming en landelike ontwikkeling aan die lig gekom. Die portefeuljekomitee het vroeër die […]

VF Plus-kommer oor Grondwethof se Phala Phala-beslissing

Die VF Plus verwelkom vandag se Grondwethof-uitspraak oor Phala Phala, maar is bekommerd oor die feit dat hof met sy uitspraak tot ‘n mate die skeiding van magte erodeer deur aan die parlement voor te skryf oor hoe om sy interne prosesse te bestuur. Die hof het beslis dat die onafhanklike paneel se verslag, wat […]

Weerhouding van huiseienaarskap vir Refilwe-inwoners ontneem Tshwane van inkomste

Die feit dat eienaarskap van residensiële eiendomme in Refilwe naby Cullinan nie aan inwoners oorgedra word nie, beteken dat inwoners nie erfbelasting hoef te betaal nie en dit ontneem die Tshwane-metro van hierdie broodnodige inkomste. ‘n Ondersoek van die VF Plus het aan die lig gebring dat sowat 10% van dié eiendomme nog in die […]

Beitbrug-grensdraadskandaal: VF Plus verwelkom Grondwethof-uitspraak

Die VF Plus verwelkom die Grondwethof se beslissing om te weier om appèlle van twee konstruksiemaatskappye aan te hoor teen ‘n uitspraak van die spesiale tribunaal rakende die Beitbrug-grensdraadskandaal. Die tribunaal het in sy uitspraak bevind dat alle winste wat uit die aangeleentheid gemaak is, terugbetaal moet word. Die Grondwethof het beslis dat die meriete […]

Erken Mimi Coertse se uitsonderlike prestasies, vra VF Plus in parlementêre mosie

Mimi Coertse, Suid-Afrika se mees gevierde operasangeres, was ’n internasionale ster en die VF Plus het vandag in ’n parlementêre mosie gevra dat haar lewe en uitsonderlike prestasies vereer word en die nodige erkenning kry. Coertse, wat op 27 April vanjaar op die ouderdom van 93 oorlede is, se bydrae tot die uitvoerende kunste wêreldwyd […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.