Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lekota was lank sleutelfiguur in Suid-Afrikaanse politiek

Mnr. Mosiuoa Lekota, voormalige leier van Cope wat vandag oorlede is, was lank ’n sleutelfiguur in die Suid-Afrikaanse politiek. As voorsitter van die ANC het hy die ontbinding van die NNP en dié party se samesmelting met die ANC bestuur – ’n ondenkbare ontwikkeling vir baie Afrikaners vir wie die NP dekades lank ‘n enigste […]

VF Plus verwelkom inhegtenisneming van amptenare by nasionale gesondheidsdepartement

Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming vandag van drie amptenare van die nasionale departement van gesondheid in verband met beweerde diefstal en bedrog. Die optrede is deel van ‘n omvattende polisieondersoek wat in April 2024 begin het. Dit hou verband met bewerings dat daar in 2023 meer as R1 miljoen onregmatig aan diensverskaffers toegeken is. […]

Tyd het aangebreek vir Ramaphosa om te sê waar hy met die Afrikaner staan

(VF Plus-reaksie op Staatsrede 2026) Die tyd het aangebreek vir pres. Cyril Ramaphosa om die Afrikaner in die oë te kyk en te sê waar hy met hulle staan. Vir langer as dertig jaar hou die Afrikaner geduldig sy hand van samewerking uit met die opregte begeerte om saam te werk om van Suid-Afrika ‘n […]

Bek-en-klouseer-peiling toon algehele wantroue: Huidige krisis dalk die impuls vir vernuwing in landboudepartement?

‘n Onlangse meningsopname van die landbou-organisasie Saai onder boere oor die bek-en-klouseerkrisis toon ondubbelsinnig dat die departement van landbou se burokratiese-, sowel as politieke leierskap, die vertroue van boere verloor het. Dit behoort tot vernuwing binne dié departement te lei. Die peiling, met meer as 2000 individuele deelnemers, toon dat 95% of meer van die […]

Willie Spies bring hoop as VF Plus-burgemeesterskandidaat vir Tshwane-metro

Die VF Plus het die bekende regsman Willie Spies vandag as sy burgemeesterskandidaat vir die Tshwane-metro vir die 2026 -plaaslike regeringsverkiesing aangekondig. Grandi Theunissen, ervare raadslid en kundige van plaaslike regering, sal saam met hom die VF Plus se veldtog lei. Saam vorm hulle ’n ervare en kundige span wat vasbeslote is om die hoofstad […]

Landbouminister raak onverwags ontslae van kundige in ministeriële taakspan

Die VF Plus neem met skok kennis dat die minister van landbou, mnr. John Steenhuisen, die vooraanstaande veearts, dr. Danie Odendaal, se lidmaatskap van die ministeriële taakspan vir staatsbeheerde siektes beëindig het. In ‘n skrywe aan Odendaal verklaar Steenhuisen dat hy met spyt kennis neem dat Odendaal nog nie die Verklaring van Onpartydigheid en Vertroulikheid […]

Bek-en-klouseer: Praktiese en dringende voorstelle vir die Wes-Kaap

Die huidige bek-en-klouseerkrisis wat nou ook na die Wes-Kaap oorspoel, vereis ’n nugtere, gekoördineerde en praktiese reaksie wat dieregesondheid, boerdery volhoubaarheid en nasionale voedselsekuriteit in balans hou. Die VF Plus in die Wes-Kaap het met goedkeuring kennis geneem van die R100 miljoen wat die provinsiale regering bewillig het vir die aankoop van entstowwe. Hoewel daar […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.