Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Graaff-Reinet sal vir die VF Plus Graaff-Reinet bly

Die naam Graaff-Reinet sal vir die VF Plus Graaff-Reinet bly en nie Robert Sobukwe Town nie. Die party doen daarom ‘n beroep op die mense van Graaff-Reinet, die groter Oos-Kaap en die res van Suid-Afrika, om hierdie naamsverandering te ignoreer. Hierdie, en 20 ander geografiese naamsveranderings soos Oos-Londen na KuGompo City, is onlangs deur die […]

VF Plus se groei nie te danke aan ander partye se probleme

Die VF Plus neem kennis van die voorgenome bedanking van die huidige DA-leier, mnr. John Steenhuisen, en wens hom alles van die beste toe vir die toekoms. Hierdie verwikkeling maak dit belangrik om daarop te wys dat die opspraakwekkende en toenemende groei van die VF Plus, waarvoor die party baie dankbaar is, nie gegrond is […]

Ekurhuleni se kragnetwerk in vryval terwyl inwoners daagliks kragonderbrekings verduur

Die voortgesette en toenemende elektrisiteitskrisis in die Ekurhuleni-metro wat inwoners en ondernemings sedert die begin van Januarie regoor die metro moet verduur, is onaanvaarbaar. In talle gevalle het kragonderbrekings dae lank aangehou voordat herstelwerk plaasgevind het. Die feit dat amper elke groot dorp in die metro geraak is, onderstreep die erns van die krisis. Kemptonpark […]

Bek-en-klouseer: VF Plus eis aksie in Vrystaat

Die VF Plus se provinsiale leier, Jan van Niekerk, het Woensdag saam met die Harrismith-distrik se boerevereniging ’n vergadering belê met die Vrystaatse LUR vir landbou, me. Elzabé Rockman, asook sleutelrolspelers in die landbousektor, waaronder dr. Jurgens Barnard, waarnemende direkteur van staatsveeartsenydienste. Tydens die konstruktiewe gesprek is die ernstige uitdagings rondom bek-en-klouseer in die provinsie […]

Sleutel tot SA se ekonomiese herstel is hernuwing van Agoa

Die hernuwing en volgehoue insluiting van Suid-Afrika in die African Growth and Opportunity Act (AGOA) is nie net wenslik nie, maar absoluut noodsaaklik vir die land se ekonomiese oorlewing, werkskepping en groei. Agoa bied kritiese voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark, wat duisende werksgeleenthede ondersteun en miljarde rande se uitvoere moontlik maak. Suid-Afrika se ekonomie leun […]

VF Plus-medelye met tragiese ongeluk in Vanderbijlpark

Die VF Plus in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit betuig sy innige medelye met die ouers, gesinne en skole van die 12 leerders wat gisteroggend gesterf het in ’n botsing tussen ’n minibus-taxi en ’n vragmotor op die R553 naby Vanderbijlpark. Vier leerders het die ongeluk oorleef en is in ’n kritieke toestand na ’n nabygeleë hospitaal […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.