Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Malema-vonnis bevestig dat niemand bo die reg verhewe is nie

Die VF Plus verwelkom die vonnis wat vandag opgelê is aan Julius Malema, leier van die EFF, vir die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar in 2018. Dit bevestig dat die oppergesag van die reg steeds geld en dat niemand bo die reg verhewe is nie.

Artikel 47(1)(e) van die Grondwet van Suid-Afrika bepaal dat ’n persoon nie as lid van die parlement mag dien indien hy of sy tot ’n vonnis van twaalf maande of langer gevangenisstraf sonder die keuse van ’n boete gevonnis word nie, ongeag of die vonnis opgeskort is.

Malema se vonnis is egter onderhewig aan ’n appèlproses. Hangende die finalisering daarvan, sal hy steeds as LP kan dien. Dit is belangrik om hierdie regsposisie te verstaan.

Malema dien ook as lid van die Regterlike Dienskommissie (RDK), ’n liggaam wat ’n sleutelrol speel in die aanwysing van regters. Sy optrede plaas sy geskiktheid vir hierdie verantwoordelikheid ernstig onder verdenking en dui op ’n gebrek aan respek vir die reg en demokratiese instellings.

Die gedrag van EFF-ondersteuners buite die hof in Oos-Londen die afgelope twee dae was onaanvaarbaar en wek kommer oor dié party se vermoë om verantwoordelike en volwasse politiek te bedryf.

Die VF Plus sal wil sien dat Malema se ondersteuners die uitspraak aanvaar en dat die owerhede enige poging tot openbare onrusstoking in die kiem smoor.

Die deurlopende kritiek op die hofsaak was ‘n opportunistiese poging om die saak met ‘n rassistiese kleed te probeer klee om die uitslag te beïnvloed. ‘n Groot groep het Woensdagoggend ook voor die hof die lied “Kill the boer, kill the farmer” gesing.

Die VF Plus sal die verloop van die saak noukeurig monitor. Indien die finale uitkoms dit regverdig, sal die party daarop aandring dat Malema ingevolge die Grondwet uit die parlement verwyder word om die integriteit van die Nasionale Vergadering (NV) te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.