Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nala-bestuur versuim om rekenskap te gee oor dood van Chris Foord (9)

Meer as twee maande ná die tragiese dood van die negejarige seuntjie, Chris Foord, wat na bewering weens blootstelling aan elektriese infrastruktuur oorlede is, het die Nala-plaaslike munisipaliteit steeds geen rekenskap gegee oor die voorval en die omstandighede nie.

Die VF Plus eis in vrae aan die munisipale bestuurder, Sekonyela Lehloenya, onder meer antwoorde oor gebeure wat tot die dood van Chris Foord gelei het, asook oor die toestand van Nala se paaie en munisipale geboue.

Ten tyde van ’n raadsvergadering op 31 Maart 2026 het die munisipale administrateur, mnr. Amos Goliath, gesê dat antwoorde op belangrike vrae wat politieke partye stel, lankal verskaf moes gewees het en dat die aanhoudende gebrek aan terugvoer onaanvaarbaar is.

Goliath het die munisipale bestuurder opdrag gegee om binne sewe dae hierdie uitstaande antwoorde te verskaf. Die sperdatum het reeds op 13 April 2026 verstryk.

Lehloenya se versuim om verantwoording te doen, is onaanvaarbaar, veral aangesien verskeie ander ernstige kwessies steeds nie aandag kry nie, insluitend die beheer van rondloperdiere tydens die bek-en-klouseerkrisis.

Dit is die munisipale bestuurder se plig as rekeningkundige beampte om verantwoording te neem en toe te sien dat hierdie sake aandag geniet. Die volgehoue versuim om dit te doen, hou ernstige risiko’s vir inwoners in, soos gesien is met die Foord-voorval, terwyl infrastruktuur verder verval, dienslewering agteruitgaan en gemeenskappe daagliks aan onnodige gevare blootgestel word.

Die VF Plus sal verdere stappe neem om aanspreeklikheid te verseker indien daar nie dringend opgetree word teen die munisipale bestuurder se versuim om rekenskap te gee oor die belangrike raadsake nie.

Hierdie tragedie kon voorkom gewees het indien dissipline en orde in die munisipaliteit gehandhaaf is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.