Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

President Ramaphosa het geen keuse gehad as om Sisisi Tolashe af te dank nie

President Cyril Ramaphosa het vandag aankondig dat hy minister Sisisi Tolashe van maatskaplike ontwikkeling afgedank het.

Tolashe, wat ook president van die ANC Vroueliga is, was die afgelope weke onder toenemende druk weens ’n reeks ernstige bewerings van ongerymdhede.

Dit sluit onder meer die onbehoorlike gebruik van Chinese Ambassade-donasiervoertuie wat na haar familie gegaan het en die beweerde aanwending van ’n staatsamptenaar as ’n private versorger met ongemagtigde geldelike aftrekkings wat aan Tolashe se dogter oorbetaal is.

Daar was ook onreëlmatige aanstellings in haar departement en die oorskryding van mag deur haar optrede teen die departement se direkteur-generaal, mnr. Peter Netshipale, sonder die president se toestemming.

Die VF Plus sou vandag tydens vraetyd in die Nasionale Vergadering (NV) verskeie direkte vrae aan die president gerig het oor sy gesloer om teen Tolashe op te tree.

Die president het uiteindelik toegegee aan die groeiende openbare en politieke druk. Die VF Plus verwelkom die besluit, maar sal steeds vra dat die volledige verslag en bevindings wat tot die afdanking gelei het, aan die publiek bekend gemaak word.

Die mense van Suid-Afrika het die reg om te weet wat presies aan die gang was by die departement van maatskaplike ontwikkeling.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.