Die waterkrisis by die Afgri-silo’s in Kinross ontvang eindelik die nodige aandag ná volgehoue druk van die VF Plus op die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit.
Die VF Plus het die waterlekkasie reeds op 2 Februarie 2026 aangemeld, maar vanweë die feit dat de waterpypleiding onder ʼn aktiewe Transnet-spoorlyn geleë is, kon die munisipaliteit nie onmiddellik begin met die nodige herstelwerk nie.
Intussen het die VF Plus met die munisipale waterdepartement gereël om daagliks 20 000 liter by die silo’s af te lewer om te verhinder dat produksieprosesse tot stilstand kom.
Benewens deurlopende vergaderings met dié departement, het die VF Plus ook geskryf aan die munisipale bestuurder, mnr. Elliot Maseko, om die aanstelling van ’n eksterne kontrakteur te prioritiseer.
Ná ʼn wateronderbreking van drie maande het die kontrakteur, FG en X Konstruksie, die afgelope week met herstelwerk aan die pyplyn begin.
Die party sal die vordering deurlopend monitor tot die lekkasie suksesvol herstel is en watertoevoer na die perseel herstel is.
Die VF Plus het met hierdie ingryping opnuut bewys dat hy die enigste politieke party is wat inwoners nie in die steek laat nie en vir hulle werk.
Met die verkiesing op 4 November het kiesers die geleentheid om hul kruisies agter die VF Plus te trek en die ANC uit die Govan Mbeki-munisipale raad te verwyder.


