fbpx
Vryheidsfront Plus

Steekproef wys tot 38 dorpe in Vrystaat het min tot geen toegang tot water

Ε‰ Steekproef van die VF Plus in die Vrystaat het gewys dat tot 38 dorpe in diΓ© provinsie tans geen of beperkte toegang tot water het. In Bloemfontein is van die noordelike dele in die stad al vir meer as twee weke sonder water weens infrastruktuur wat herstel moet word by Maselspoort. Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit […]

Mediese eise weens nalatigheid van meer as R24 miljoen in Vrystaat

Mediese eise wat die Vrystaatse departement van gesondheid tans moet uitbetaal, beloop meer as R24 miljoen. Die eise hou verband met gesondheidswerkers wat nalatig opgetree het. Die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Mmathabo Leeto, het in antwoord op Ε‰ VF Plus-vraag in die Vrystaatse wetgewer erken dat nalatigheid onder andere tot die dood van Ε‰ ongebore […]

NGV sal nie gesondheidsorg in Vrystaat verbeter nie

Dit is duidelik uit die pas afgelope openbare verhore oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) dat inwoners van die Vrystaat meestal ontevrede is met die toestand en dienste by provinsiale klinieke en hospitale. Die lang wagtye by klinieke, asook die beskikbaarheid van medikasie en ambulanse in die provinsie, is probleme wat inwoners opgebring het […]

Ramp-aankondiging nou nodig na Vrystaat-brande

Die Vrystaatse regering het Ε‰ verantwoordelikheid om boere wat die afgelope week grootskaalse verliese weens brande gely het, by te staan. Die VF Plus eis in Ε‰ brief aan die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, dat die provinsie nou tot rampgebied verklaar moet word om broodnodige hulp aan boere te gee. Die Rampbestuurswet gee aan die […]

Swak eerste kwartaal-besteding aan Vrystaatse infrastruktuur bron van kommer

Die Vrystaatse regering het in die eerste kwartaal van die 2023/2024-boekjaar net 10% van sy 25% infrastruktuurdoelwit bestee. Verslae in die Vrystaatse openbare rekeningekomitee wys hoe departemente wat vir infrastruktuur verantwoordelik is, nie daartoe in staat is om die beplande projekte effektief uit te voer nie. Die Vrystaatse regering sloer jaarliks om in die eerste […]

VF Plus eis antwoorde oor Vrystaatse kabeldiefstalkomitee se effektiwiteit

Die VF Plus in die Vrystaat eis antwoorde oor die effektiwiteit van Ε‰ multidissiplinΓͺre komitee wat kabeldiefstal en vandalisme in diΓ© provinsie moet aanspreek. Die Vrystaatse premier, mnr. Mxolisi Dukwana, het in antwoord op Ε‰ vraag van die VF Plus in die Vrystaatse wetgewer gesΓͺ die polisie het Ε‰ komitee op die been gebring om […]

VF Plus verwys mislukte Steynsrus-padprojek na SOE

Die VF Plus het die mislukte herstelwerk aan die R76 tussen Kroonstad en Steynsrus na die spesiale ondersoekeenheid (SOE) verwys nΓ‘ Ε‰ oorsigbesoek aan diΓ© pad. Herstelwerk aan die pad het in 2019 begin en moes aanvanklik September verlede jaar voltooi gewees het, maar die datum is uitgestel tot Junie 2023. Dit het duidelik met […]

Slegs vier Vrystaatse munisipaliteite se begrotings is befonds vir 2023/24-boekjaar

Slegs vier van die 19 Vrystaatse munisipaliteite het befondsde begrotings vir die huidige boekjaar goedgekeur. Die ander 15 se begrote inkomste vir die jaar sal nie hul begrote uitgawes kan dek nie. Tydens Ε‰ openbare rekeningekomiteevergadering van die Vrystaatse wetgewer die afgelope week het die provinsiale tesourie erken dat die Mangaung-, Matjhabeng-, Setsoto-, en Metsimaholo-munisipaliteit […]

VF Plus eis verbetering by Vrystaatse verkeerskantore en toetssentrums

Talle verkeerskantore en toetssentrums in die Vrystaat ervaar tans probleme wat padgebruikers nadelig beΓ―nvloed wanneer hulle poog om verkeerswette na te kom. Die VF Plus het in Ε‰ brief aan die departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, geΓ«is dat wanfunksionele toetssentrums en verkeerskantore reggeruk word. Die departement is nie net verantwoordelik vir dienste aan padgebruikers […]

Vrystaatse departemente onderbestee op infrastruktuur en oorbestee aan salarisse

Die Vrystaatse regering het in die vorige boekjaar (2022/2023) misluk om fondse ter waarde van R2,5 miljard te bestee wat toegeken was vir infrastruktuurontwikkeling. Die provinsiale regering het in dieselfde boekjaar sowat R424 miljoen oorbestee aan salarisse in die verskillende departemente. Dit blyk uit verslae wat die onderskeie departemente vandeesweek aan die wetgewer se openbare […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.