fbpx
Vryheidsfront Plus

Mediese eise weens nalatigheid van meer as R24 miljoen in Vrystaat

Mediese eise wat die Vrystaatse departement van gesondheid tans moet uitbetaal, beloop meer as R24 miljoen.

Die eise hou verband met gesondheidswerkers wat nalatig opgetree het.

Die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Mmathabo Leeto, het in antwoord op ʼn VF Plus-vraag in die Vrystaatse wetgewer erken dat nalatigheid onder andere tot die dood van ʼn ongebore baba gelei het

Nalatigheid was ook die oorsaak dat twee kinders nou serebraal gestremd is.

In ʼn ander geval is ʼn depper in die buik van ʼn pasiënt vergeet wat tot ʼn ernstige galblaas-besering gelei het.

Die VF Plus is veral bekommerd oor die 418 hangende eise waarby die departement betrek word. Soveel as 173 van die eise hou verband met na-geboorte komplikasies van serebraalgestremde kinders.

Hoewel nalatigheid in hierdie eise nog bewys moet word, is die VF Plus bekommerd oor die gevalle wat teen die departement aangemeld word en oor eise wat voorkom kon word.

Intussen word die Nasionale Gesonheidsversekering-wetsontwerp (NGV) voorgehou as die antwoord op gesondheidsprobleme in die provinsie.

Nalatige dokters en verpleegpersoneel gaan nie deur die NGV verbeter word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.