Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Homestead-dam: Nuwe hengelverbod en langer ure sonder verduideliking

Die Ekurhuleni-metro sal ʼn verduideliking moet gee oor die nuwe kennisgewingbord wat by die Homestead-dam in Benoni opgerig is wat hengel verbied en die park se bedryfsure as 07:00 tot middernag aandui. Voor dié verandering het die park se hekke om 19:00 gesluit.

Ten spyte daarvan dat inwoners reeds jare lank by die Homestead-dam hengel en piekniek hou, het hulle geen vooraf kennisgewing of verduideliking oor hierdie ingrypende veranderinge ontvang nie. Geen openbare deelname het plaasgevind nie.

Die Homestead-dam is nie ’n probleemvrye gebied nie. Inwoners kla reeds lank oor misdaad, haweloses, dwelmbedrywighede en ’n gebrek aan voldoende polisiëring.

Die metro se besluit om die park nou tot middernag oop te hou, terwyl die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) se hulpbronne reeds ernstig beperk is, wek ernstige kommer dat dit die deur verder vir ongure elemente en misdadigers kan oopmaak.

Die metro moet verduidelik hoe hierdie ure prakties bestuur en afgedwing gaan word.

Die besteding van openbare geld aan kennisgewingborde met spelfoute en onverklaarde beperkings, terwyl bestaande veiligheids- en instandhoudingsprobleme by die dam onopgelos bly, kom neer op verkwistende uitgawes.

Die VF Plus het die metro versoek om inligting te verskaf oor die magtiging vir hierdie besluite, te bevestig of die veranderinge tydelik of permanent is en te verduidelik watter proses gevolg is.

Openbare ruimtes behoort aan die gemeenskap. Besluite wat verander hoe hierdie ruimtes gebruik mag word, moet wettig, prakties, deursigtig en in konsultasie met inwoners geneem word.

Inwoners kan op 4 November 2026 vir die VF Plus stem om ’n regering te kies wat openbare ruimtes verantwoordelik bestuur en die veiligheid van gemeenskappe vooropstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.