Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Swak eerste kwartaal-besteding aan Vrystaatse infrastruktuur bron van kommer

Die Vrystaatse regering het in die eerste kwartaal van die 2023/2024-boekjaar net 10% van sy 25% infrastruktuurdoelwit bestee.

Verslae in die Vrystaatse openbare rekeningekomitee wys hoe departemente wat vir infrastruktuur verantwoordelik is, nie daartoe in staat is om die beplande projekte effektief uit te voer nie.

Die Vrystaatse regering sloer jaarliks om in die eerste drie maande van die boekjaar kritieke infrastruktuurprojekte te loods.

Die swak besteding in die verslagperiode het reeds ʼn direkte gevolg op dienslewering. Teen dié pas van besteding sal die provinsie nie sy teikens vir die boekjaar bereik nie.

Die departement van menslike nedersettings is die grootste sondebok met onderbesteding. Broodnodige behuisingsprojekte het minder as 3% van die 25%-teiken bereik. Kontrakteurs word aangestel wat eenvoudig nie die werk voltooi nie.

Die departement is bekend daarvoor dat dit jaarliks onbestede toelaes aan die Nasionale Tesourie moet teruggee.

Die VF Plus is van mening dat menslike nedersettings sy deure moet sluit omdat dit nie sy mandaat nakom nie en net ʼn las vir die provinsie is.

Gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer kon net 9% van die 25%-teiken van die padinstandhoudingstoelaag gebruik. Intussen raak die provinsie se paaie al hoe meer vervalle en lewensgevaarlik.

Beide die gesondheid- en onderwysdepartement kon onderskeidelik net 19% en 15% van sy teikens bereik.

Hoewel die Vrystaatse regering erken infrastruktuur skep gunstige toestande waarin sosio-ekonomiese verligting kan verbeter, is dit duidelik die ANC kan dit nie doen nie.

Die regerende party gaan hardnekkig voort met sy beleid van swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en kaderontplooiing terwyl dit duidelik net skade aanrig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.