fbpx
Vryheidsfront Plus

Nรก jarelange druk van VF Plus word rioolkrisis in Naboomspruit hanteer

Nรก jare lange druk van die VF Plus gaan die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Nylstroom, Naboomspruit, Vaalwater) uiteindelik rioolpompstasies in diรฉ munisipaliteit herstel.

Die party veg sedert 2019 teen die voortslepende rioolbesoedeling in die munisipaliteit.

Die party het destyds ook ล‰ klag by die menseregtekommissie (MRK) teen die munisipaliteit ingedien vir skending van mense- en omgewingsregte weens die voortdurende besoedeling van die Nylsvlei-biosfeer.

Die MRK het in November 2020 ล‰ openbare verhoor gehou oor diรฉ klagte en het die munisipaliteit op terme geplaas.

Die rioolpompstasies wat nou aandag geniet is die R101/N1- en Rooipad 1-pompstasies in Naboomspruit.

Beide hierdie pompstasies is noodsaaklik om riool vanaf Naboomspruit en omliggende gebiede na die rioolsuiweringsaanleg te pomp.

Kragopwekkers sal ook binnekort by waterpompe en rioolpompstasies geรฏnstalleer word.

Limpopo is ล‰ waterskaars-provinsie en die ongebreidelde besoedeling van kosbare waterbronne mag nie toegelaat word nie.

Die VF Plus sal sy druk volhou om toe te sien dat inwoners van Limpopo se grondwetlike reg om in ล‰ skoon en veilige omgewing te leef en werk, eerbiedig word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.