fbpx
Vryheidsfront Plus

Bela-wetgewing: Komiteefase byna afgehandel

Die portefeuljekomitee vir basiese onderwys het vandag bespreking van al die voorgestelde wysigings afgehandel. Terwyl belangrike wysigings gemaak is, het die VF Plus steeds wesenlike besware daarteen.

Hierdie proses is met twee weke vertraag, nadat dit duidelik geword het dat duisende openbare voorleggings nie verwerk is nie.

Vandag is ‘n opsomming van hierdie voorleggings wel aan die komitee voorgehou, maar sonder om getalle te noem. In die vorige verslag is getalle wel noukeurig aangebied.

Tans word agter die bepaling geskuil dat daar geen verpligting is om dié syfers bekend te maak nie. Die logiese afleiding is dat syfers nou verswyg word omdat die meerderheid teen die wetsontwerp gekant is.

Die huidige wet wat basiese onderwys reguleer, is reeds in 1996 aanvaar. Vernuwing is gevolglik noodsaaklik. Die probleem is egter dat ‘n groot tree in die rigting van sentralisering van onderwys gegee word.

Na openbare voorleggings en insette van parlementslede is belangrike wysigings aan die wetsontwerp aangebring. Dit is daardie wysigings wat nou deur die portefeuljekomitee aanvaar is.

Die volgende stap vir hierdie wetsontwerp is dat die wysigings soos vandag aanvaar, met die aanvanklike teks verenig word.

Dié nuwe teks sal aanstaande Dinsdag deur die komitee oorweeg word. Indien dit aanvaar word, word dit aan die Nasionale Vergadering voorgelê. Daarna moet provinsiale wetgewers dit oorweeg en opdrag aan afgevaardigdes na die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) gee oor hoe hulle moet stem.

Dit is ‘n ope vraag of die NRP die wetsontwerp betyds sal oorweeg om die hele proses voor die volgende verkiesing af te handel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.