Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis antwoorde oor Vrystaatse kabeldiefstalkomitee se effektiwiteit

Die VF Plus in die Vrystaat eis antwoorde oor die effektiwiteit van ʼn multidissiplinêre komitee wat kabeldiefstal en vandalisme in dié provinsie moet aanspreek.

Die Vrystaatse premier, mnr. Mxolisi Dukwana, het in antwoord op ʼn vraag van die VF Plus in die Vrystaatse wetgewer gesê die polisie het ʼn komitee op die been gebring om die soort misdaad te bestry.

Dukwana het ook in sy antwoord aangedui Matjhabeng, Mangaung, Moqhaka, Masilonyana, Setsotho en Metsimaholo word as brandpunte geag waar diefstal en vandalisme hoogty vier.

Gemeet aan die aanhoudende kabeldiefstal die afgelope tyd in onder meer Bloemfontein, Welkom, Odendaalsrus en Steynsrus, wil dit voorkom of die komitee nie in sy doelwit slaag nie.

Die VF Plus eis dat Dukwana nou moet aandui wat die komitee tot dusver in die provinsie bereik het en dat hy standpunt moet inneem oor die moontlikheid dat goed georganiseerde sindikate by die misdade betrokke is.

In sy aanvanklike antwoord het Dukwana die moontlikheid van sindikate egter ontduik.

Inwoners van hierdie munisipaliteite word gereeld lam gelê as gevolg van hierdie soort misdaad wat, bykomend tot beurtkrag, ʼn reuse impak op sosio-ekonomiese omstandighede het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.