Die strategiese risiko-ontledingsverslag van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier) skets ‘n treurige prentjie vir die 2023/2024-finansiële jaar.
Dit is indien belangrike kwessies en aanbevelings rakende strategiese risiko’s nie nagekom word nie. Die verslag identifiseer swak finansiële stabiliteit en ernstige kontantvloeitekorte weens ʼn gebrek aan strategiebeheermaatreëls vir inkomsteverbetering.
Tariewe en belasting word slegs van 30% van eiendomme in die munisipaliteit verhaal, maar dienslewering word deur alle inwoners verwag.
Oortyd vir munisipale werknemers oorskry tans R14 miljoen per maand en volgens die verslag is daar geen beheermaatreëls of versagtingsplanne in plek om dit hok te slaan nie.
Verliese aan inkomste weens ‘n 25%-waterverlies uit grootmaatvoorrade en peutery met water- en elektrisiteitsmeters veroorsaak groot probleme aangesien Mbombela nie maatreëls kan instel om die diefstal of vermorste water deur lekkasies stop te sit nie.
Gevolgbestuur vir ongemagtigde, onreëlmatige en vrugtelose en verkwistende uitgawes is ook ‘n groot probleem.
Vrugtelose uitgawes van R136 miljoen vir die 2022/3-finansiële jaar is na die munisipale openbare rekeningekomitee (MPAC) verwys vir verdere ondersoek, maar baie min van die aanbevelings wat in die komitee gemaak word, word ooit uitgevoer.
Die ANC kort die politieke wil om die risikobepaling ernstig op te neem en ‘n fiskale omkeerstrategie in werking te stel.
Die VF Plus sal druk toepas op die munisipale bestuur om bogenoemde uit te voer en op te volg.