Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vrystaat se paaie sal R29 miljard kos om te herstel

Sowat R29 miljard is nodig om die Vrystaat se paaie te herstel. Dié bedrag is aan die VF Plus gegee in ‘n antwoord van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer tydens ‘n portefeuljekomitee-vergadering. Die totale begroting vir die Vrystaat beloop sowat R41 miljard – die herstel van die provinsie se paaie sal dus […]

Vrystaat-begroting: Meer vir salarisse, maar geen plan met infrastruktuur

Die Vrystaat se provinsiale begroting plaas die provinsie onder meer finansiële druk omdat die ANC nie van sy verwronge beleid en verkeerde prioriteite kan afsien nie. Die Vrystaatse LUR vir finansies, me. Gadidja Brown, het met die begroting wat vandag ter tafel gelê is opnuut gewys dat die ANC se eie prioriteite bo dié van […]

Vrystaatse provinsiale rede: Nuwe boodskapper, dieselfde boodskap

Die provinsiale rede van die Vrystaat se nuutverkose premier, mnr. Mxolisi Dukwana, hou niks nuut vir die provinsie in nie. Dit was dieselfde ou boodskap wat bloot deur ‘n nuwe boodskapper gelewer is. Die premier blyk planloos te wees om die verwoestende uitwerking wat beurtkrag op die ekonomie van die provinsie en die welstand van […]

Dukwana sal voor provinsiale rede moeilike besluite oor Vrystaat moet neem

Die toestand van Vrystaatse munisipaliteite, lewensgevaarlike paaie, swak gesondheidsorg, werkloosheid en die effek van beurtkrag op dienslewering. Dit is die probleme waaraan die premier, mnr. Mxolisi Dukwana, in sy provinsiale openingsrede moet aandag gee. Dukwana neem die leisels oor van ‘n provinsiale regering wat die Vrystaat in die afgrond bestuur het. Sy grootste uitdaging binne […]

Nóg Dukwana, nóg ANC kan Vrystaat red

Die pas-aangewese premier van die Vrystaat, mnr. Mxolisi Dukwana, sal weens sy party se beleidstandpunte nie die provinsie uit verskeie verknorsings kan red nie. Dukwana bly ‘n lojale lid van die ANC. Die regerende party is in sy kern korrup en Dukwana se aanwysing as premier gaan nie enige verandering of verbetering in die provinsie […]

VF Plus vra OB-ondersoek na onwettige meters in Masilonyana

Die VF Plus het die openbare beskermer (OB) versoek om ondersoek in te stel na die aanstelling van ‘n maatskappy om voorafbetaalde meters in die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit (Theunissen, Brandfort, Verkeerdevlei en Winburg) te installeer. Mafumu Consulting installeer reeds sedert 2020 voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in die munisipaliteit. Die Brandfort Inwonersvereniging het talle onbeantwoorde vrae oor Mafumu se […]

ANC verruil kundigheid vir kaders met ongeregistreerde Vrystaatse ingenieurs

Net ses van die 76 ingenieurs in diens van munisipaliteite in die Vrystaat is by die Ingenieursgraad van Suid-Afrika (ECCSA) geregistreer. Dit blyk uit ‘n antwoord van die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Nkosazana Dlamini-Zuma, in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus. Die antwoord dien as bewys dat ANC-rade […]

Ondersoek na senior staatsamptenare se kwalifikasies kom ná druk van VF Plus

Die Openbare Dienstekommissie (ODK) het bevestig dat hy op versoek van die VF Plus ondersoek sal instel na die kwalifikasies van senior bestuurders in Vrystaatse regeringsdepartemente. Ingevolge artikel 196 van die Grondwet het die ODK die mandaat om personeel van die regering te ondersoek en te evalueer. Die VF Plus se versoek aan die kommissie […]

ANC verwerp VF Plus-mosie vir vaardigheidsoudit in Vrystaat

Dit is geen verrassing dat die ANC in die Vrystaatse wetgewer teen ‘n mosie van die VF Plus gestem het om ‘n vaardigheidsoudit uit te voer op alle senior bestuurders in die provinsiale regering nie. Die ANC het die mosie afgekeur en gestem teen deursigtigheid en het sodoende weereens gewys dat hy ten alle koste […]

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.