fbpx
Vryheidsfront Plus

Ondersoek na senior staatsamptenare se kwalifikasies kom ná druk van VF Plus

Die Openbare Dienstekommissie (ODK) het bevestig dat hy op versoek van die VF Plus ondersoek sal instel na die kwalifikasies van senior bestuurders in Vrystaatse regeringsdepartemente.

Ingevolge artikel 196 van die Grondwet het die ODK die mandaat om personeel van die regering te ondersoek en te evalueer.

Die VF Plus se versoek aan die kommissie volg nadat die ANC in die provinsiale wetgewer teen 'n mosie gestem het om ‘n vaardigheidsoudit in die Vrystaat te doen.

Die waarnemende minister van staatsdiens en administrasie, mnr. Thulas Nxesi, het in Augustus 2022 in 'n antwoord op 'n parlementêre vraag bevestig dat 94 senior bestuurders in die Vrystaat nie oor die toepaslike kwalifikasies beskik nie.

Dit was geen verrassing dat die premier van die Vrystaat, me. Sisi Ntombela en haar party, teen die mosie gestem het nie.

Ntombela en haar uitvoerende komitee se stilswye oor hierdie aangeleentheid tydens die sitting wys die ANC sal eerder kaders beskerm as om in belang van die Vrystaat op te tree.

Die VF Plus verwelkom die ODK se bevestiging dat kwalifikasies van alle senior bestuurders in beide die provinsiale- en nasionale regering ondersoek sal word.

Behoorlik gekwalifiseerde senior bestuurders met toepaslike kwalifikasies is noodsaaklik om te verseker dat staatsdepartemente tot voordeel van die gemeenskap bestuur word en nie bloot ontplooiingsposte vir onbevoegde kaders is nie.

Die Vrystaat verdien 'n regering wat gehalte dienslewering en bevoegde amptenare vooropstel. Die mense van die Vrystaat verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.