fbpx
Vryheidsfront Plus

Polokwane: Strewe na metrostatus onrealisties en mors van tyd

Die onrealistiese strewe na metrostatus vir die Polokwane-plaaslike munisipaliteit (Pietersburg) is ’n mors van tyd.

Die uitvoerende burgemeester van dié munisipaliteit, mnr. John Mpe, het onlangs in verskeie openbare vergaderings gepraat oor stappe wat dié munisipaliteit onderneem om die munisipaliteit in ’n metro te omskep.

Een van die voorstelle wat die uitvoerende burgemeesterskomitee in die raad aan die einde van Oktober 2022 voorgelê het, is die stigting van die munisipaliteit se eie waterraad-entiteit. Dit is omdat hy glo nie langer die huidige verskaffer, Lepelle Northern Water (LNW) wil “smeek om hulp” nie.

Dit sal glad nie nodig wees om ’n eie entiteit te stig of te smeek om hulp nie. Al wat die munisipaliteit moet doen is om by die departement van water en sanitasie aansoek te doen vir ’n groter hoeveelheid water sodat reservoirs vol kan kom. Tans word reservoirs nie voller as 10% nie en daarom is dit nodig om kleppe toe te draai en beurtwater toe te pas.

Die gebrek aan nodige opleiding vir operateurs om met nuwe tegnologie te werk by watersuiweringsaanlegte is iets wat lank reeds aandag moes kry.

Tog gaan dieselfde onbekwame operateurs sekerlik by die nuwe entiteit aangestel word waarna opleiding glo sal plaasvind. Hoekom wag tot dan?

Die raad het wel daarop aangedring dat die stigting van ’n munisipale waterraad-entiteit onderhewig is aan 'n uitvoerbaarheidstudie soos bepaal in artikel 84 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.

Die stigting van ’n eie waterraad-entiteit is beslis nie ’n oplossing nie omdat dit die eindverbruiker méér gaan kos – water moet nog steeds by LNW aangekoop word.

Dit blyk net nog ’n geleentheid vir die ANC om belastingbetalers te melk vir foute wat hy maak weens sy eie onbevoegdheid, wanbestuur en die invloed van swart ekonomiese bemagtigingskaders.

Indien sake werklik inklusief benader word, kan hierdie probleem vinniger en baie meer doeltreffend opgelos word.

Ongelukkig brand die ligte net soms, maar niemand is ooit tuis nie.

Pietersburg verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.