fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe vlaag van naamsveranderings van UV-koshuise: Transformasie is eenrigtingverkeer

Oud-Kovsies was vanoggend geskok om te hoor dat nog 'n aantal koshuise op die kampus nuwe name kry.

Dit is nadat 'n vorige vlaag van naamsveranderings die nodige welwillendheid moes skep sodat verskillende kulture die kampus in harmonie kan deel.

Die Universiteit van die Oranje-Vrystaat het ná 1994 die een klein verandering na die ander ondergaan, alles met die oog op transformasie.

Die verwydering van "Oranje", die verandering van die universiteitswapen van oranje na rooi, Engels en Sesotho as moontlike voertale totdat Afrikaans bykans volledig uitgedruk is en die geleidelike verandering van koshuisname is telkens as onvermydelik aanvaar.

Telkens was daar optimiste wat geglo het dat die nodige offers vir versoening darem nou gebring is.

Transformasie in hoër onderwys het tot dusver geen voordeel vir ander inheemse tale ingehou nie.

Die oorheersende posisie van Engels word ten koste van Afrikaans versterk, met koshuisname as troosprys vir Afrika-tale.

Transformasie is eenrigting verkeer. Die Afrikaanse akademiese gemeenskap moet nie dink dat dit vanself ooit tot stilstand sal kom nie; slegs doelgerigte optrede kan die proses vertraag.

In optredes van hierdie aard moet nie die soeke na 'n nuwe ewewig gesien word nie, maar magsuitoefening wat eers sal ophou wanneer die spore van 'n Afrikaner akademiese lewe verdwyn het.

Die jongste aankondiging is nog 'n weergawe van 'n herhalende les.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.