Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gryp in by dierehawe in Potchefstroom

Die VF Plus-koukus in die JB Marks-plaaslike munisipaliteit het hierdie week bystand verleen aan die PAWS-dierehawe in Potchefstroom nadat die instelling skielik groot uitdagings ervaar het soos ‘n kragonderbreking van twee dae.

Die party se raadslede het ook in samewerking met weldoeners en gemeenskapsorganisasies ‘n 1000 liter-watertenkwa aan die organisasie beskikbaar gestel om die onmiddellike waternood van die diere te verlig en higiëniese toestande op die terrein te verseker.

Bykans ‘n halfton troeteldierkos is ook ingesamel.

Die VF Plus wil sy dank uitspreek teenoor die Potchefstroom-gemeenskap wat op kort kennisgewing onbaatsugtig opgetree het om hierdie hulp moontlik te maak.

Hierdie aksie belig weer die krag van gemeenskappe wat saamstaan in tye van nood.

Die VF Plus sal voortgaan om die belange van inwoners, asook diere se welstand in JB Marks, voorop te stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.