Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Studentebehuising in Royldene: VF Plus-aksie lei tot gewenste gevolg

ʼn Aansoek om woonhuise in Royldene in studentebehuising te omskep, is gister teruggetrek. Dit volg nadat die VF Plus die moontlike gevolge daarvan onder inwoners se aandag gebring het.

Die VF Plus wil beklemtoon dat studente wel huisvesting benodig, maar dat nie elke woonhuis vir dié doel geskik is nie. Die moontlike impak op verkeer, parkering, geraas, infrastruktuur en die karakter van bestaande woonbuurte moet verantwoordelik oorweeg word.

Onder leiding van die VF Plus het inwoners die korrekte kanale gevolg en talle besware ingedien. Die aansoek is gister (19 Oktober) deur Sol Plaatje se stadsbeplanningskomitee bespreek.

Ná deeglike raadpleging is die eienaar oortuig om alternatiewe, soos die ontwikkeling van ’n gastehuis, eerder as studentebehuising, te oorweeg.

Dit illustreer dat inwoners nie moet stilbly wanneer voorgestelde grondgebruikveranderinge hul leefomgewing kan beïnvloed nie. Die lees van munisipale kennisgewings, vasstelling van presies waarvoor toestemming gevra word en tydige indiening van skriftelike besware, is noodsaaklik.

Royldene se voorbeeld wys dat georganiseerde gemeenskapsdeelname en konstruktiewe gesprek ’n verskil kan maak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.