fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrystaatse provinsiale rede: Nuwe boodskapper, dieselfde boodskap

Die provinsiale rede van die Vrystaat se nuutverkose premier, mnr. Mxolisi Dukwana, hou niks nuut vir die provinsie in nie.

Dit was dieselfde ou boodskap wat bloot deur ‘n nuwe boodskapper gelewer is.

Die premier blyk planloos te wees om die verwoestende uitwerking wat beurtkrag op die ekonomie van die provinsie en die welstand van sy mense het, aan te spreek.

Dit is duidelik dat die Vrystaatse regering geen plan het om die gevolge van beurtkrag op die landbousektor en sake-ondernemings te ondervang nie.

Ook is daar geen plan om die provinsie minder afhanklik van Eskom se kragvoorsiening te maak nie.

Die premier het min oplossings gebied vir die jammerlike toestand waarin die Vrystaat op plaaslike en provinsiale regeringsvlak verkeer.

Swak dienslewering, oudituitkomste wat agteruitgaan en onbefondsde begrotings is van die vele aspekte wat dringende aandag en selfs ingryping benodig.

Hoewel Dukwana in sy toespraak na sogenaamde dapper optrede verwys het, het hy ‘n gulde geleentheid gemis om self dapper op te tree.

Hy kon dit doen deur van swak lede van die uitvoerende gesag (LUR’e) ontslae te raak soos die LUR vir polisie, paaie en vervoer, mnr. William Bulwane.

Volgens Dukwana is die landbousektor nie net die belangrikste bron van voedselsekuriteit nie, maar speel dit ook ‘n sleutelrol in werkskepping in die provinsie.

Die landbousektor is juis afhanklik van ‘n veilige en betroubare padnetwerk, wat onder Bulwane se leiding van jammerlik na betreurenswaardig versleg het.

Tog blyk Dukwana onwillig te wees om van hom ontslae te raak tot voordeel van die provinsie

Die VF Plus is bevrees dat Dukwana, soos alle ANC-ampsbekleërs, allereers sy party se selfdienende neigings bo die belange van die mense van die Vrystaat sal stel.

Tyd sal leer en die VF Plus sal Dukwana se werksaamhede fyn dophou.

Die enigste werklike oplossing is om van die ANC in die Vrystaat ontslae te raak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.