fbpx
Vryheidsfront Plus

Brandstofpryse: Enigste raad is om die ANC uit die regering te verwyder

Met brandstofpryse wat om middernag weereens styg, kry vuisvoosverbruikers nog ‘n hou in die maag.

Aangesien die belangrikste rede vir hierdie styging die swak waarde van die rand is, is die enigste antwoord om in 2024 ‘n regering te verkies wat ekonomiese vertroue kan herstel.

Petrol styg met R1.27 per liter en diesel met 30c of 31c, afhangend van die swaelinhoud.

Vier faktore bepaal hierdie prys: Die internasionale prys van Brent ru-olie; die waarde van die rand; geadministreerde koste wat vervoer van ru-olieprodukte uit die buiteland en in Suid-Afrika self weerspieël; en belastings.

Verbruikers het genoeg rede om oor die besteding van hulle belastinggeld te kla en dit hou juis met die gehalte van regering verband.

Enige toegewings in brandstofbelasting sal egter uit ‘n ander bron aangevul moet word. Geadministreerde pryse kan herbereken word, maar sal hoogstens ‘n paar sent verskil maak.

Die prys van ru-olie is buite die regering se beheer, maar tans nie op ‘n buitengewone hoë vlak nie.

Die rand, daarenteen, is nou reeds vir die langste aaneenlopende periode meer as R15 per Amerikaanse dollar – die geldeenheid waarin ru-olie aangekoop word.

Die waarde van ‘n land se geldeenheid word algemeen as barometer van die vertroue wat in die ekonomie gestel word, aanvaar.

Dat die waarde van die rand belangrik is, word daardeur bevestig dat beskerming daarvan deel van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se opdrag is.

Die opdrag kan egter nie uitgevoer word wanneer korrupsie hoogty vier en kragverskaffing nie eers belangrik genoeg is om dit te stuit nie.

Terwyl daar nie ‘n korttermynoplossing is nie, is Suid-Afrikaners uitgelewer aan die wisselings van die mark.

‘n Koalisieregering ná die 2024-verkiesing kan egter verantwoordbaarheid en beleggingsvriendelike ekonomiese beleid in werking stel, wat ‘n moeisame herstelpad vir die rand kan inlui – en vir brandstofpryse.

Die belangrikste is om kennis te neem dat die grondslae van die Suid-Afrikaanse staat besig is om te verkrummel.

Terwyl gunstiger ekonomiese beleid sal help, is dit nodig om stabiliteit te skep, deur die konstitusionele grondslae van die staat by die werklikheid van sy geografiese en kulturele verskeidenheid aan te pas.

Voor dit nie gebeur nie, sal stabiliteit nooit duursaam wees nie; en daarom ook nie vertroue nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.