fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra OB-ondersoek na onwettige meters in Masilonyana

Die VF Plus het die openbare beskermer (OB) versoek om ondersoek in te stel na die aanstelling van ‘n maatskappy om voorafbetaalde meters in die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit (Theunissen, Brandfort, Verkeerdevlei en Winburg) te installeer.

Mafumu Consulting installeer reeds sedert 2020 voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in die munisipaliteit.

Die Brandfort Inwonersvereniging het talle onbeantwoorde vrae oor Mafumu se aanstelling aan die munisipaliteit gerig en gevolglik met ‘n suksesvolle hofaansoek daarin geslaag om ‘n interdik teen die installasies te verkry.

Die hof het in sy uitspraak aangedui dat die munisipaliteit nie deursigtig was met die aanstelling van die maatskappy nie. Daar bestaan geen bewyse dat die raad Mafumu se aanstelling goedgekeur het nie.

Masilonyana het ook sy plig versuim om bywette in dié verband te wysig.

Mafumu is wetlik verplig om ‘n lisensie vanaf die nasionale elektrisiteitsreguleerder (Nersa) te bekom om met elektrisiteit handel te dryf. Dit wil voorkom of dit nie die gedoen is nie.

Die hof het hom sterk uitgespreek daaroor dat die doel van die voorafbetaalde meters was om die munisipaliteit se skuld aan Eskom aan te spreek. Masilonyana se Eskomskuld bly egter oploop.

Intussen het die Masilonyana-raad Woensdag ‘n besluit geneem om self die aanstelling van Mafumu onwettig te verklaar en uit die ooreenkoms met Mafumu te onttrek. Masilonyana erken dus dat hy onwettig opgetree het.

Voorafbetaalde meters is wel ‘n effektiewe manier om inkomste te genereer om die munisipaliteit se astronomise skuld aan Eskom af te betaal. Die VF Plus was nogtans van meets af teen die aanstelling van hierdie maatskappy weens belangrike inligting wat ontbreek het.

Behoorlike tenderprosesse is nie gevolg nie en dit was nie duidelik hoe Mafumu beide Eskom en Masilonyana sou betaal nie.

Die VF Plus dring aan op ‘n behoorlike ondersoek in dié verband.

‘n Ondersoek deur die OB moet die omvang van onwettige optrede deur die munisipaliteit ontbloot, waarna die skuldiges aan die pen moet ry. Die VF Plus oorweeg ook strafregtelike klagte.

Die inwoners van Masilonyana verdien beter as tenderkorrupsie en die kernkorrupte ANC wat daarvoor verantwoordelik is

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.