Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

OVK-hertelling verander politieke samestelling van Modimolle-Mookgophong-raad

’n Optelfout van meer as 300 stemme het gelei tot ’n belangrike regstelling van die verkiesingsuitslag in die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit nadat die Verkiesingskommissie (OVK) ’n beswaar van die VF Plus gehandhaaf het.

Die hertelling, wat op 24 November plaasgevind het, het aan die VF Plus ’n vierde setel in die munisipale raad besorg.

Die fout het by die stemlokaal van die Susan Strijdom Spesiale Skool in Wyk 12, Modimolle (Nylstroom), voorgekom.

Nadat dié moontlike fout onder die OVK se aandag gebring is, het die provinsiale verkiesingsbeampte opdrag gegee dat die stemme by die betrokke stempunt oorgetel moet word. Die plaaslike OVK-kantoor in Modimolle-Mookgophong het hierdie opdrag egter nooit uitgevoer nie.

Mnr. Pieter de Necker, die VF Plus se hoof uitvoerende beampte en lid van die OVK se nasionale politieke skakelkomitee, het vervolgens ’n formele beswaar ingevolge artikel 65 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Verkiesings, by die OVK ingedien.

Die hertelling het getoon dat 313 stemme van die DA se totaal afgetrek moes word, terwyl vyf stemme by die VF Plus se totaal gevoeg is. Hierdie aanpassing het die setelkwota verander en daartoe gelei dat die laaste beskikbare setel aan die VF Plus toegeken is. Die party se verteenwoordiging in die raad neem daarmee toe van drie na vier setels.

Die hertelling het bevind dat daar wel fouteer is met die totale stemme van partye. Die aanpassing verander die seteltoekenning en het daartoe gelei dat die VF Plus ‘n addisionele setel toegeken is. Die party se verteenwoordiging in die raad neem daarom van drie tot vier setels toe.

Hierdie regstelling beklemtoon die belangrikheid van akkurate stemtellings en deursigtige verkiesingsprosesse.

Selfs ’n enkele fout kan die samestelling van ’n munisipale raad beïnvloed. In hierdie geval het die fout honderde stemme behels en ’n direkte uitwerking op die uiteindelike setelverdeling gehad.

Die VF Plus verwelkom die OVK se besluit om die beswaar te handhaaf en die fout reg te stel.

Dit is belangrik dat elke stem korrek getel moet word en dat verkiesingsuitslae die ware wil van kiesers weerspieël.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.