Bloudruppelverslag: ANC-laksheid veroorsaak waterramp

Die jongste bloudruppelverslag wat deur Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, uitgereik is, beklemtoon weereens die omvang van die bedreiging wat ʼn lakse en onbevoegde ANC-regering vir die inwoners van Suid-Afrika inhou. Terwyl die regering skynbaar vasgevang bly in die opstel en implementering van allerlei sinnelose rasgedrewe “transformasie”-beleide soos regstellende aksie, word miljoene Suid-Afrikaners […]
Mislukte ingrypings by munisipaliteite kos belastingbetalers miljarde

Miljarde rand is reeds bestee aan meestal mislukte pogings tot ingryping by wanfunksionele munisipaliteite in Suid-Afrika. Dit blyk uit ʼn antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus aan Thembi Nkadimeng, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta). Dit blyk ook dat die ontplooiing van administrateurs en hul ondersteuningspanne konserwatief bereken teen ʼn […]
Afbakening mag nie gebruik word om verkiesings te manipuleer

(Parlementsdebat: Wetsontwerp op die Onafhanklike Afbakeningsowerheid) Afbakening is by uitstek ʼn instrument wat gebruik kan word om verkiesings te manipuleer en ʼn desperate ANC wat besig is om sy greep op die regering te verloor, kan allermins daarmee vertrou word. Daar moet dus in die praktyk gestalte gegee word aan die naam van die wetsontwerp […]
Minister se optimisme oor munisipaliteite misplaas en dui eerder op ANC-desperaatheid

Thembi Nkadimeng, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), se stellings gister oor onder meer die “merkbare verbetering in die algehele stand van munisipaliteite landswyd” is misplaas en grens aan wensdenkery. Die feit dat haar eie departement, Cogta, in sy verslag uitwys dat 89% van die land se munisipaliteite steeds as óf disfunksioneel […]
Agri-Wolmaransstad vereer VF Plus-raadslid Gert Muller

Gert Muller, VF Plus-raadslid in die Maquassi Hills-plaaslike munisipaliteit (Wolmaransstad, Makwassie, Leeudoringstad en Witpoort) is verlede week deur Agri-Wolmaransstad vereer vir sy “ uitstaande en onbaatsugtige diens aan die gemeenskap van Wolmaransstad”. Benewens sy leidende rol as raadslid in die oplos van munisipale diensleweringskwessies, is sy bydraes tot gemeenskapsprojekte en -organisasies in die omgewing welbekend. […]
SA-regering werk teen gestelde Afrika-Unie-beginsels oor desentralisering van magte

Die VF Plus het vandag tydens ʼn parlementsitting oor die Afrika-handves oor die waardes en beginsels van desentralisering, plaaslike regering- en ontwikkeling, uitgewys dat die ANC-regering se beleidsrigtings lynreg in teenstelling met die gestelde beginsels en waardes van die handves is. Die Afrika-Unie (AU) het die handves al in 2014 aanvaar. Die handves verbind AU-lidlande […]
VF Plus verwelkom voorgenome vervolging van ontwrigtende ANC/EFF-raadslede

Die VF Plus verwelkom die pas uitgereikte regulasies en gedragskode vir munisipale raadslede, wat onder meer bepaal dat raadslede wat munisipaliteite ontwrig en gemeenskappe aanhits tot onwettige optrede, voortaan vervolg moet word. Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Thembi Nkadimeng, het die regulasies uitgereik in terme van die Wysigingswetsontwerp op Plaaslike Regering: […]
Wet bepaal ANC-kaders moet munisipale poste ontruim

Die VF Plus sal seker maak dat munisipale amptenare wat die Wysigingswet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels oortree, dissiplinêr aanspreeklik gehou word. Hierdie wetgewing, wat op 17 Augustus in werking getree het, bepaal dat geen munisipale werknemer of beampte ʼn politieke amp mag beklee nie. Die wet is reeds in Augustus 2022 aanvaar maar het […]
Cogta-minister erken swak regering verantwoordelik vir munisipale verval

Swak regering en bestuur is een van die hoofoorsake vir die verval van munisipaliteite in die land – verál waar die ANC aan bewind is . Dit het geblyk uit ʼn antwoord van die minister van tradisionele sake en samewerkende regering (Cogta), Thembi Nkadimeng, op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus. Tans beskik net […]
Omvang van korrupsie en bedrog in ANC-beheerde munisipaliteite weer belig in verslae voor parlement

Die omvang van munisipale korrupsie en bedrog onder verál ANC-beheerde munisipaliteite landwyd, is vandag weer belig tydens ʼn vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta). Die Valke, Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), en die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het bekend gemaak dat daar tans 647 sake van bedrog, korrupsie en geldwassery in munisipaliteite […]