fbpx
Vryheidsfront Plus

Wet bepaal ANC-kaders moet munisipale poste ontruim

Die VF Plus sal seker maak dat munisipale amptenare wat die Wysigingswet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels oortree, dissiplinêr aanspreeklik gehou word.

Hierdie wetgewing, wat op 17 Augustus in werking getree het, bepaal dat geen munisipale werknemer of beampte ʼn politieke amp mag beklee nie.

Die wet is reeds in Augustus 2022 aanvaar maar het bepaal dat werknemers wat politieke ampte beklee, ʼn jaar grasie gegun sou word om uit sulke ampte te bedank.

Hierdie grasieperiode het nou verstryk. Dit is noodsaaklik dat hierdie wetgewing nougeset toegepas word.

Veral die ANC het oor jare die leemte in die wetgewing misbruik om sy beleid van kaderontplooiing toe te pas en die party se greep op munisipale hulpbronne en werksgeleenthede te verseker.

Die aanstel van senior ANC-ampsdraers in munisipaliteite, ongeag hul gebrek aan kwalifikasies, was aan die orde van die dag.

Hierdie optrede het noodwendig gelei tot onbeteuelde korrupsie en gepaardgaande verval van ANC-beheerde munisipaliteite landswyd.

Die nakoming of nie van hierdie wetgewing, sal ook as toets dien vir die ANC of die party vir eens die land se wette sal respekteer.

Die VF Plus sal aanhou stry om skoon regering en professionele dienslewering in munisipaliteite te herstel.

Suid-Afrikaners verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.