fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Veediefstal: Swart boer van Marble Hall radeloos

’n Swart boer van Marble Hall in Limpopo is vir die hoeveelste keer die slagoffer van veediewe en is radeloos omdat die polisie versuim om enige sake in hierdie verband op te los.

Mnr. David Ntaki is Saterdagaand aangeval op sy plaas. Gewapende rowers het hom en een van sy werkers vasgebind waarna sy kamer deursoek is. Items soos klerasie en sy selfoon is gevat en die sleutels van sy kluis is by hom geëis.

Intussen het veediewe buite met drie bakkies, ’n sleepwa en ’n privaat voertuig mnr. Ntaki beroof van 68 bokke en 40 skape.

Van die diere het lammers gehad wat nou versorg moet word en sonder die regte melk en voeding is hulle meer vatbaar vir siektes.

Volgens mnr. Ntaki is dit ’n jaarlikse probleem en het hy verskeie aangemelde sake wat onopgelos is.

Veediefstal-statistiek vir Limpopo in 2023 is reeds hoër met 2 649 gevalle teenoor die vorige jaar se 2 356. (Bron: https://www.crimestatssa.com/#!/statistics/)

Die blaam kan vierkantig op die skouers van die polisie geplaas word wat klaarblyklik nie oor die vermoë beskik om sake op te los nie.

Dit is tyd dat die ANC-regering besef dat plaasmoorde en -aanvalle nie ʼn sogenaamde “wit”-probleem is nie, maar ʼn probleem wat die ganse landbou- en landelike gemeenskap van Suid-Afrika diep ruk en beïnvloed en voedselsekerheid bedreig.

Die party sal die saak op provinsiale vlak hanteer en daarop aandring dat die polisie ʼn spesiale taakmag en aksieplan teen veediefstal in die lewe roep wat deur plaaslike veiligheidsstrukture ondersteun sal word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.