fbpx
Vryheidsfront Plus

Bloudruppelverslag: ANC-laksheid veroorsaak waterramp

Die jongste bloudruppelverslag wat deur Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, uitgereik is, beklemtoon weereens die omvang van die bedreiging wat ʼn lakse en onbevoegde ANC-regering vir die inwoners van Suid-Afrika inhou.

Terwyl die regering skynbaar vasgevang bly in die opstel en implementering van allerlei sinnelose rasgedrewe “transformasie”-beleide soos regstellende aksie, word miljoene Suid-Afrikaners van hul basiese grondwetlike reg op toegang tot skoon water ontneem.

Die verslag wys uit dat bykans die helfte (46%) van munisipaliteite landwyd nie skoon drinkwater aan inwoners kan verskaf nie. Dit is skreiend.

Só ook word die stand van 64% van riool-en watersuiweringswerke in die land as hoë risiko of in ʼn kritieke toestand geklassifiseer. Dit lei onder meer tot die grootskaalse rioolbesoedeling van riviere en ondergrondse waterbronne.

Dit hou ook ʼn ernstige bedreiging in vir talle gemeenskappe met siektes soos cholera wat toenemend voorkom.

Verder word die swak bestuur en gebrek aan instandhouding van munisipale water- en rioolinfrastruktuur ook beklemtoon. Die gevolg hiervan is onder meer dat tot 47% van beskikbare skoon water deur lekkasies verlore gaan terwyl dit bekend is dat Suid-Afrika as ʼn waterskaars land geklassifiseer word.

Teen die tempo waarteen die ANC op alle regeringsvlakke die land se waterbronne en kritieke waterinfrastruktuur deur sy laksheid vernietig, stuur die land letterlik op ʼn grootskaalse ramp af.

Die enigste wyse waarop só ʼn ramp afgeweer kan word, is deur die verwydering van die ANC en die verkiesing van ʼn etiese, professionele koalisieregering waarvan die VF Plus deel vorm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.