fbpx
Vryheidsfront Plus

Mislukte ingrypings by munisipaliteite kos belastingbetalers miljarde

Miljarde rand is reeds bestee aan meestal mislukte pogings tot ingryping by wanfunksionele munisipaliteite in Suid-Afrika.

Dit blyk uit ʼn antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus aan Thembi Nkadimeng, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta).

Dit blyk ook dat die ontplooiing van administrateurs en hul ondersteuningspanne konserwatief bereken teen ʼn gemiddelde jaarlikse bedrag van R10 miljoen per munisipaliteit gedoen word.

ʼn Onlangse verslag oor die stand van munisipaliteite toon dat sulke ingrypings in 2022 by 173 munisipaliteite landwyd gedoen is. Die totale koste hieraan verbonde kan dus meer as R1,7 miljard rand beloop.

ʼn Tipiese onlangse voorbeeld hiervan is die ingryping by die Mangaung-metro waar meer as R14 miljoen bestee is sonder enige merkbare verbetering in dienslewering. Hierdie munisipaliteit word telkens in omstredenheid gedompel weens ANC-faksiegevegte, korrupsie en die algemene verval van kern-infrastruktuur en munisipale geriewe.

Verslae van Cogta, die ouditeur-generaal (OG) en die spesiale ondersoekeenheid (SOE) wys telkens uit dat politieke faksiegevegte, korrupsie, wanbesteding en wanbestuur die meeste ANC-beheerde munisipaliteite lamlê.

Ten spyte van hierdie feite en die miljarde wat aan die sogenaamde ingrypings bestee word, word bykans niemand doeltreffend aanspreeklik gehou nie. Dít bloot omdat die ANC-regering steeds weier om teen sy korrupte ontplooide kaders op te tree.

Die enigste wyse waarop hierdie skandelike vermorsing en stroping van Suid-Afrikaners se belastinggeld gestop kan word, is deur die ANC te vervang met ʼn koalisieregering waarin die VF Plus deel is.

Saam kan ons die land herstel en bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.