fbpx
Vryheidsfront Plus

Mbombela-speaker ignoreer doelbewus raadsbepalings om aanspreeklikheid te vermy

Die VF Plus eis nou dringend antwoorde aangaande die Mbombela-speaker, mnr. William Nkhata, se doelbewuste verontagsaming van raadsverordeninge.

Die party het ʼn skrywe gerig aan die burgemeester van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit, me. Sibongile Makhushe, waarin aanspreeklikheid hieroor geëis word.

Dié munisipaliteit bedien Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza en Witrivier.

Die ANC-speaker het sedert sy aanstelling eenvoudig geen poging aangewend om die reëls en verordeninge in die raad toe te pas nie. Lede van die burgemeesterskomitee word nie tot verantwoording geroep wanneer skriftelike vrae nie beantwoord word nie.

Die verantwoordelike lede ignoreer selfs vrae wat tydens raadsvergaderings aan hulle gestel word.

Die VF Plus het ook ‘n skrywe aan die munisipale etiekkomitee gerig. Daarin eis die party dat daar ‘n wysiging aan die staande verordening gebring word aangaande die beantwoording van skriftelike vrae.

Dit is egter deur die speaker geïgnoreer, al het ander opposisiepartye die voorstel gesteun. Ten spyte van hierdie dringende kwessie is ‘n reëls- en etiekkomiteevergadering belê sonder dat die voorgestelde wysigings by die agenda gevoeg is.

Dit laat die kiesers van Mpumalanga geen keuse as om aanstaande jaar by die stembus ontslae te raak van die ANC wat hulle so openlik minag nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.